Vaar saam na die Kaap van Stories
Vir James Home, medeskepper van die boek Hendrik Leerdam: Kaap van Storms, is die beste terugvoering ’n kind wat vra: “Oom, wanneer kom die volgende een?”
En die tweede boek in die Hendrik Leerdam-reeks het pas by Tafelberg verskyn. Home is die teksskrywer en Peter Mascher het die illustrasies gedoen. Die boek volg op Hendrik Leerdam: Seereis na die Kaap.
Die Leerdam-reeks is ’n boekreeks wat die geskiedenis toeganklik wil maak.
Home se tannie het gekla dat sy sukkel om die geskiedenis aan haar kleinkinders oor te vertel. Home het gereken strokies sal ’n goeie manier wees om die geskiedenis oor te dra.
In die vorige boek het Hendrik Leerdam en sy familie ’n skeepsreis van Nederland na die Kaap onderneem. In die Kaap aangekom (tweede boek), word hy en sy gesin deel van die nedersetting aan die Kaap.
“Opvoedkunde is vir seker die agtergrond. Vermaak is die oogmerk,” sê Home.
“Ons wil stories skryf wat mense geniet om te lees, terwyl hulle toevallig ook opgevoed word. Alle ouderdomme lees Kuifie en Asterix en ons wil graag dieselfde met Hendrik bereik. Ons leen egter iets by Disney deur vir ouer kinders en ouers iets in die teks en die tekeninge te sit sodat hulle ook vermaak word.”
Toe Home ongeveer vyf jaar gelede die konsep aan Mascher voorgelê het, was hy nie dadelik oorgehaal nie. Met die lees van die boek het hy egter verstaan wat Home bedoel. Die oorspronklike storie word in spraakborrels geskryf. Die woorde word tot die absolute minimum beperk.
“Ek doen altyd eers die navorsing en skryf die storie eerste,” sê Home.
“Elke woord word volledig uiteengesit sodat Peter ’n raamwerk het om mee te werk. Ons spot altyd en sê dat die redigering begin sodra hy begin illustreer. Hy is dan die eerste kind om die boek te lees!”
Soos tyd verloop, verander Mascher en Home aan die hoofstukke, tonele, woorde en illustrasies.
“Die Hendrik-karakter was wel daar,” sê Mascher, “maar daar is ’n hele aantal nuwe karakters wat vorm moes kry. James gee vir my soveel verwysings as moontlik (karakters, implemente, diere, landskap, voorwerpe). Byvoorbeeld, ek wil weet hoe ’n wa in die 17de eeu gelyk het; ek kan dit nie uitdink nie.
“Ek kry wel die geleentheid om skeppend te wees, soos die skaal van voorwerpe in die illustrasies, die kleur en om die ‘gevoel’ van die boek te skep. Ek manipuleer die illustrasies om atmosfeer te skep, soos stadig teenoor vinnig, dramaties teenoor kalm, komies teenoor ernstig.”
Hulle wil geen mens of groep in ’n swak lig plaas nie en wil Suid-Afrika positief uitbeeld.
“Ons probeer soveel moontlik humor behou, maar daar is ’n balans,” sê Home.
“Die terugvoering wat ons van liefhebbers van geskiedenis ontvang, is baie goed, veral met die tweede boek.
“Ons maatstaf is die glimlag op volwassenes se gesigte as hulle die boeke lees – hulle lag gewoonlik! Dit beteken vir ons dat hulle op die een of ander vlak met die karakters identifiseer.”
Mascher vertel dat hulle met hul eerste boek graag die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se argiewe in Nederland sou wou besoek omdat daar so min betroubare visuele verwysings uit die 17de eeu in Suid-Afrika is.
“Ek het meer as tien verskillende Dromedarisse (een van die skepe wat in die Kaap aangekom het) gehad om mee te werk, watter een is reg?”
Home spot dat hy die personeel van Melkbos se biblioteek gereeld terroriseer. Alle moontlike bronne word gebruik: boeke, die internet en museums word besoek. Ander tekste verleen ook groot hulp, onder meer Dan Sleigh se boek Eilande, boeke deur Lawrence Green en Hermann Giliomee. Verder ry hulle in die Kaapse Skiereiland rond en neem foto’s van waar dinge in die boek gebeur.
“Ek het altyd ’n baie goeie idee van waar ’n toneel vir my afspeel,” sê Home.
“Die strandtoneel in die boek is by Milnerton, die plaastoneel is by die Liesbeekrivier en Nuweland en die ruilhandeltoneel speel in Durbanville af.
“Ons ry tot daar, werk deur die toneel en neem foto’s van die landskap en die agtergrond. Peter sal dan soms die skaal of landskap heeltemal verander vir dramatiese effek. Onthou: Moet nooit ’n goeie storie . . .”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie