Uutoni antwoord oor ID's
Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie het vrae oor die uitreiking van nasionale dokumente beantwoord.
Estelle de Bruyn - Verskille in die kriteria vir die toekenning van identifikasiedokumente en kieserskaarte het me. Jennifer van den Heever van die DTA laat kopkrap en vrae in die Nasionale Vergadering hieroor laat vra.
“Indien iemand 'Namibies genoeg' beskou word om in Namibiese verkiesings te stem, is so ‘n persoon tog seker ook geregtig op Namibiese identiteitsdokumente. Hoekom kan dieselfde proses vir identifikasiedoeleindes wat tydens die registrasie van kiesers gebruik word, nie ook gebruik word vir die registrasie vir identiteitsdokumente nie,” wou sy van die adjunkminister van binnelandse sake, mnr. Erastus Uutoni, weet.
Uutoni het op sy beurt verduidelik die wette verskil wat die uitreiking van die onderskeie dokumente raak. Burgerskap word ingevolge artikel 4 van Grondwet en die Wet op Namibiese Burgerskap, Wet No. 14 van 1990, bepaal en stemgeregtigheid vir kiesers word ingevolge artikel 17(2) van die Grondwet en die kieswet (Wet No. 5 van 2014) bepaal.
Hy meen dus dat vrae oor die registrasie van kiesers eerder aan die verkiesingskommissie van Namibië gerig moet word.
Hy het daarop gewys dat die besit van ‘n kieserskaart nie voldoende is om aansoek om nasionale identiteitsdokumente te doen nie.
Wat die registrasie van geboortes betref, is strategieë die afgelope tien jaar ingestel om die aantal laat registrasies te verminder deur onder meer geriewe vir die registrasie van geboortes by hospitale te voorsien. Dit is die ministerie se oogmerk om alle kinders wat in die land gebore word, te registreer voordat die kind een jaar oud word.
In die twee Kavangostreke het die ministerie sedert 2012 vier registrasiekantore in hospitale geopen naamlik by die Rundu-, Nyangana-, Andara- en Nankudu-hospitaal.
“Ongelukkig, en ondanks pogings deur die ministerie, het die twee Kavangostreke steeds die hoogste vlak van laat registrasies van geboortes. Verlede jaar is 13 836 geboortes geregistreer, maar net 3 132 is betyds geregistreer.
“Die laat registrasie van baie kinders is te wyte aan kulturele naamgee-praktyke, afwesige vaders en sommige mense wat lang afstande moet aflê,” het Uutoni gesê.
Hy wys daarop dat afwesige pa’s nie die registrasie van geboortes moet verhinder nie en het moeders aangemoedig om die geboorte van hul kinders tydig te registreer, al is die vader nie teenwoordig nie. In sulke gevalle kan die baba onder die ma se van geregistreer word en dit kan later na die pa s'n verander word.
Hy sê die registrasie van geboortes in grensgebiede is problematies omdat die ministerie bo alle twyfel moet vasstel of die kind wel in Namibië gebore is en die burgerskapstatus van die ouers moet vasstel om te bepaal of die kind ‘n Namibiese burger is. Wanneer ouers die registrasie van hul kinders vertraag, raak bewyse van die geboorte deur hospitale weg, en maak dit die werk van die ministerie moeilik om vas te stel waar en wanneer ‘n kind gebore is. Ouers moet boonop in besit van nasionale dokumente wees vir hul kinders om nasionale dokumente te ontvang.
Uutoni het ook daarop gewys dat wetgewing deur sy ministerie, in oorleg met die kantoor van die prokureur-generaal, opgestel word om mense wat nie in Namibië gebore is nie, maar ‘n geruime tyd reeds in die land is, van burgerskap te voorsien. Dit raak veral Angolese wat Namibië tussen 1 Januarie 1978 en 20 Maart 1990 binnegekom het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie