Usakos maak sy buiging in Mosambiek

'n Mobiele uitstalling, wat op Usakos fokus, is verlede week by die Portugese Kultuursentrum in Maputo, Mosambiek, bekend gestel.
Die uitstalling, Usakos: Photographs beyond Ruins. The Old Location Albums (1920's to 1960's), is 'n gesamentlike projek tussen die Usakos-dorpsraad, die Museumvereniging van Namibië (Man), die Universiteit van Basel, die Universiteit van Namibië (Unam) en die Distrik Ses-museum.
Die mobiele uitstalling was reeds dwarsoor Suid-Afrika te sien en het nou sy buiging in Maputo gemaak voordat dit na Namibië terugkeer. Dit weerspieël 'n uitstalling wat reeds by die kantore van die Usakos-dorpsraad te sien is en is deel van die raad se visie om hul gebou in 'n museum te omskep wanneer dit na 'n nuwe perseel verskuif.
Dit uitstalling bevat foto's uit die versamelings van vier vroue van die dorp - mee. Cecilie //Geises, Wilhelmine Katjimune, Gisela Pieters en Olga //Garoës.
Die foto's verskaf 'n alternatiewe weergawe van die lewe in die Ou Lokasie in Usakos voordat inwoners gedwing is om uit die middedorp te trek, en verdeel is tussen die nuwe “swart” woonbuurt, Hakhaseb, en die kleurlingwoonbuurt, Erongo­sig. Die geskiedkundige foto's word ondersteun deur foto's van Paul Grendon wat die Usakos van vandag en die spore van die verlede in die ruïnes uitbeeld.
Me. Saara Ilovu, die beampte verantwoordelik vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling op die dorp, sê twee mobiele weergawes van die uitstalling reis dwarsoor die wêreld.
“Usakos en Namibië het nou beter bekend geraak in plekke soos Frankryk, Duitsland, Amerika, Suid-Afrika en Switserland. Tans is die een mobiele uitstalling in Maputo te sien, terwyl die ander in Londen vertoon word. Ek glo die uitstalling het baie belangstelling in die unieke geskiedenis van ons dorp gewek. Wanneer ons die museumprojek voltooi, glo ek die museum sal 'n bewerker van verandering en ontwikkeling wees. Ons moedig besoekers aan om in Usakos te stop en sodoende werkgeleenthede te skep. Dalk sal dit ons inwoners se trots in hul gemeenskap versterk en ons hoop vir die toekoms gee.”
Die mobiele uitstalling sal met sy terugkeer aan Man oorhandig word. Unam sal op 23 Augustus as gasheer vir die plaaslike bekendstelling van die uitstalling optree. Die bekendstelling sal gevolg word deur 'n weeklange winterskool wat sal fokus op die beplanning en ontwikkeling van uitstallings en dit sal Namibiese studente, museumpersoneel, asook studente uit Switserland betrek.
Vir meer inligting oor die uitstalling of die winterskool kan Ilovu by die Usakos-dorpsraad by 081 627 0129 of per e-pos by [email protected] gekontak word, of dr. Jeremy Silvester van Man by 081 280 5130 of per e-pos by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A