Usakos keelvol vir polisie
Maria Eiseb - Boere van die Usakos-omgewing is gereed om reg in eie hande te neem.
Volgens hulle is die polisie van geen waarde nie en trek hulle aan die kortste end weens veediefstal en onwettige beesslagtery.
Mnr. Ivan Tsuseb het onlangs 10 dragtige verse weens veediefstal verloor. Hy sê die polisie se hantering van die saak laat veel te wense oor.
Volgens hom doen die polisie niks aan die sake wat die boere by hulle rapporteer nie.
“Die boere kla, maar daar kom niks daarvan nie, en in die proses ly ons erg skade,” sê hy.
Volgens hom is die beweerde misdadigers in die spesifieke geval binne twee dae vrygelaat, omdat die betrokkenes se name nie op die dossier was nie.
“Iets maak nie sin nie. Hoe kan die mense wat in hegtenis geneem is, vrygelaat word sonder dat die lid van die publiek wat hulle aangekla het, daarvan bewus is?” wil hy weet.
“Sal ek skuldig bevind word as ek die reg in my eie hande neem? As ek ondersteuning gekry het, sou ek al van die helfte van die skade wat ek gely het, kon herstel,” sê Tsuseb.
Mnr. Esegiël |Oaeb, ook ’n boer van die Usakos-distrik, het agt beeste verloor.
Hy sê dit help nie om sake aan te meld nie.
“Dinge raak net dood in die pad,” sê hy.
“Toe die bure se bees geslag is, het ek vir hulle gesê dit help nie om te kla nie, daar word niks aan gedoen nie,” sê |Oaeb.
“As ek nie gehelp word nie, sal ek maar iets moet doen en dan die volgende 20 jaar in die tronk sit,” sê Tsuseb.
Volgens hom het die eenheidsbevelvoerder van die Usakos-polisiekantoor, sers. Petrus Paulus, by navraag gesê hulle mag nie in die kamp ingaan waar die beeste geslag is nie, omdat die eienaar van die kamp tans op Swakopmund is.
Tsuseb sê ook genoeg bewyse bestaan om die verdagtes skuldig te vind, maar die polisie sloer.
Nog ’n inwoner van Usakos bevestig die dorp se polisie is maar traag om op te tree wanneer sake aangemeld word.
Hulle weet nie meer waar om hulp te kry nie, sê hulle.
“Dit help ook nie ons kla nie, daar kom absoluut niks daarvan nie.”
Adj.komm. Erastus Iikuyu, polisiewoordvoerder vir die Erongostreek, het belowe hy sal kontak maak met Usakos se eenheidsbevelvoerder om uit te vind hoe sake vorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie