US$60 miljoen vir Chinese meester se 1 000 jaar oue boekrol
'n 1 000 jaar oue Chinese boekrol deur die belangrikste kunstenaar van die tyd is vir sowat US$60 miljoen verkoop.
Die werk beeld 'n verwelkte boom, bamboeslote en 'n rots uit en is Maandagaand op 'n Christie's-veiling in Hongkong verkoop.
Die boekrol is een van net twee sulke kunswerke deur Su Shi, meesterkunstenaar van die Song-dinastie in die 11de eeu.
Su Shi word ná 'n millennium steeds in China vereer as 'n geleerde, staatsman en skrywer. Hy word dikwels met Leonardo da Vinci vergelyk.
Voornemende bieërs moes 'n deposito van US$20 miljoen betaal net om te mag bie.
Die kunswerk is sedert 1937 in 'n Japanse familie se besit.
Die boekrol bevat 41 versamelaarseëls en vier kommentare van beroemde digters. Die enigste ander bestaande boekrol van Su Shi is in die Nasionale Paleismuseum in Taiwan. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie