• Tuisblad
  • Sake
  • US$1 miljoen gesteel ná kitsbanke geld uitspoeg
US$1 miljoen gesteel nu00e1 kitsbanke geld uitspoeg
US$1 miljoen gesteel nu00e1 kitsbanke geld uitspoeg

US$1 miljoen gesteel ná kitsbanke geld uitspoeg

'n Gekoördineerde groep kuberkrakers wat waarskynlik verbind word met 'n internasionale misdaadsindikaat, het meer as US$1 miljoen by Amerikaanse kits­banke gesteel.

Die aanvallers het die kitsbanke geprogrammeer om geld uit te spoeg sonder dat enige bankkaarte gebruik was, sê 'n amptenaar van die Amerikaanse geheimediens.

Daar was meer as 'n halfdosyn van hierdie aanvalle die afgelope paar dae.

Die aanvalle veroorsaak dat kitsbanke groot hoeveelhede kontant spontaan uitspoeg en het regoor Amerika plaasgevind, van die Golfkus in die suide (wat deelstate soos Texas, Louisiana, ­Mississippi, Alabama, en Florida insluit) tot New England in die noordooste.

Dié diefstal is die eerste van sy soort in Amerika, het 'n spesiale agent in die ondersoek, Matthew O'Neill, aan Reuters gesê. Soortgelyke aanvalle is al in dele van Europa en Latyns-Amerika gesien.

“Dit was net 'n kwessie van tyd voor dit ons sou tref,” sê O'Neill.

Twee van die wêreld se grootste vervaardigers van kitsbanke, Diebold Nixdorf Inc. en NCR Corp., het verlede week 'n waar­skuwing uitgereik dat ­kuberkrakers besig is om ­kitsbanke te teiken.

Diebold se memorandum het in detail die stappe uiteengesit wat kuberkrakers volg om tot die kitsbanke deur te dring.

Dit sluit in om by die fisieke masjien in te breek, die harde­skyf te vervang en 'n industriële endoskoop te gebruik om die interne knoppie te druk wat die masjien laat herlaai.



vertroulike memorandum

'n Vertroulike memorandum wat die Amerikaanse geheimediens Vrydag aan banke gestuur het, waarsku dat masjiene wat Windows XP gebruik meer kwesbaar is. Kitsbankoperateurs is aangeraai om die bedryfstelsels op te gradeer na Windows 7 om dit teen 'n aanval te beskerm.

Die aanvalle het spesifiek kitsbanke in apteke, kleinhandelaars en kitskosrestaurante geteiken.

Hoewel daar aanvanklik gedink is die aanvalle is beperk tot kitsbanke wat die ouer bedryfstelsel gebruik, het die geheime diens intussen gesien dat masjiene met Windows 7 ook geraak is, het O'Neill bevestig.

“Daar is nie 'n enkele magiese oplossing tot die probleem nie,” sê hy.

'n Plaaslike elektroniese misdaadtaakmag in Washington, D.C, het die eerste tekens van die kuberkrakers se doen en late verlede week opgemerk en dit ná 'n onsuksesvolle aanval daar aangemeld.

'n Paar dae later is 'n soortgelyke aanval gesien waar die aanvallers duidelik uit hul mislukte poging geleer het. 'n Gekoördineerde aanval regoor Amerika is toe geloods. O'Neill verwag dat die aanval vir nog 'n paar weke gaan voortduur.

Hierdie soort kubermisdaad, ook bekend as jackpotting, het oor die afgelope paar jaar regoor die wêreld skerp toegeneem.

Tog is dit nie duidelik hoeveel geld al so gesteel is nie omdat nog die slagoffers nog die polisie die presiese bedrae wil verklap. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.44/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.89/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 980.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.56/BBP DOWN -0.0026 | Platinum US$ 1 053.86/OZ DOWN -0.0073 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.44/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.89/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 980.50/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.56/BBP DOWN -0.0026 | Platinum US$ 1 053.86/OZ DOWN -0.0073