Uruguay warm op, koel af in Windhoek
Die toetsreeks tussen Namibië en Uruguay se rugbyspanne op die volgende twee Saterdae gaan 'n botsing tussen twee nasies wees wat hulle tussen die grotes in wêreldrugby wil vestig. Die Suid-Amerikaners het reeds vroeg vandeesweek in Windhoek kamp opgeslaan en het gisteroggend die spiere tydens 'n oefensessie op Windhoek Gimnasium privaat skool se veld en in die skool se gimnasium gebult. Komende Saterdag open die hekke om 12:00 by die Hage Geingob-stadion voor die toets om 16:00 afskop. Kaartjies kos N$50 vir volwassenes en N$10 vir studente en skoliere. Koop dit aanlyn by www.webtickets.com.na of by Pick n Pay. Hier baljaar Rodolfo Garese, Federico Favaro, Agustin Della Corte, Santiago Arata, Matias Benitez en Carlos Arboleya in die swembad ná 'n oefensessie. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie