Uraanplan stuur af op gesondheidsramp
Uraanplan stuur af op gesondheidsramp

Uraanplan stuur af op gesondheidsramp

Uraanontginning in die Kalahari kan meebring dat drinkwater uit die Stampriet-akwifer tot 1 667 keer méér uraan sal bevat as wat veilig is.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die loging van uraan uit ertsneerslae in die Stampriet artesiese kom stuur op ’n gesondheidsramp af.

Dié proses sal meebring dat soveel uraan in dié reuse-akwifer agterbly dat mens en dier nie in die Kalahari kan leef nie omdat hulle allerlei gesondheidsprobleme en siektes soos kanker sal kry.

Dié akwifer beslaan 60 000 vierkante kilometer en strek oorgrens tot in Botswana en Suid-Afrika. Dis die lewensbron van die Kalahari en voorsien topgehalte drinkwater aan almal wat daar woon, sê die geoloog dr. Roy Miller.

Headspring Investments Namibia het op 15 Augustus 2011 ’n eksklusiewe eksplorasielisensie (EPL 4656) bekom om na uraan by Leonardville te soek.

Dié maatskappy is ’n filiaalmaatskappy van die Russiese staatskernkragkorporasie, Rosatom.

Op 3 September 2018 is ’n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) vir die voortsetting van die eksplorasieprojek deur die omgewingskommissaris, mnr. Teofilus Nghitila, wat aan Headspring Investments uitgereik is.

Headspring Investments het dieselfde jaar die plaas Tripoli waarop die eksplorasiewerk gedoen word, by mnr. Pieter Maartens gekoop. Die eksplorasiefase is intussen voltooi en die maatskappy is nou in die proses om vir ’n ECC aansoek te doen wat dit magtiging gee om tot die operasionele fase oor te gaan.

Aanduidings is dat die ertsneerslae wat in die akwifer geleë is, 500 tot 4 000 gram per ton kan oplewer, sê Miller oor Headspring Investments se plan om uraan in die Kalahari te ontgin.

Daar is twee sulke ertsneerslae en die een is 6,8 km lank.

Rössing- en Husabmyn lewer onderskeidelik 350 en 550 gram per ton, het Miller Vrydagoggend verduidelik toe hy die Namibië Landbou-unie (NLU) in Windhoek oor die toekomstige impak van die beoogde uraanontginning toegespreek het.

Hy het verduidelik dié artesiese akwifer bestaan uit dik lae sand, sandsteen en modder wat soos reusekomberse bo-op mekaar in die sedimentêre kom lê. Die water kom tussen die poreuse sand- en die sandsteenlae voor.

Die water in die akwifer vloei van nature in die rigting na Koës, wat aan die mees suidelike punt daarvan geleë is, sê hy.

Dit voorsien water aan al die dorpe in dié deel van die Kalahari en boorgate op plase in die gebied, verskaf drinkwater aan die mense en diere. Dit word ook vir besproeiing by Stampriet en elders in die gebied gebruik.

Hy sê omdat die ertsneerslae in die akwifer geleë is, kan dit nie deur oopgroefmynbou ontgin word nie. ’n Proses van gelokaliseerde loging (ISL) moet gebruik word. Dit behels dat die erts daar waar dit in die ertsneerslag onder die grond is, opgelos word en na die oppervlak gepomp word. Die uraan word dan met die gebruik van swaelsuur uit die oplossing onttrek en die water word in die akwifer teruggepomp.

Miller sê tydens die logingproses sal 1% tot 3% van die uraan in die akwifer agterbly.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) bepaal 0,03 gram per ton water (1 000 liter) is veilig. Hy sê as die ertsneerslag wat ontgin word, 500 gram uraan per ton lewer en net 1% bly in die water agter wat in die akwifer teruggepomp word, sal die hoeveelheid uraan in die drinkwater van mense wat van hierdie akwifer afhanklik is, die veiligheidsvlak 167 keer oorskry.

Teen ’n opbrengs van 4 000 gram per ton, sal die hoeveelheid uraan wat tydens die loingsproses in die water agterbly, die WHO se voorskrewe veiligheidsvlak 1 667 keer oorskry, sê hy.

Volgens mnr. Divan Opperman, wat naby Leonardville boer, is Headspring Investments tans besig om met verskeie boere in die omgewing te onderhandel om hul plase te koop.

Die maatskappy beskik oor verskeie ander eksplorasielisensies in die Hardap-, Omaheke- en Khomasstreek, wat op kommersiële en kommunale plase sowel as op staatsgrond geleë is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.75 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.76/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.92/lb UP +0.95% | Zinc US$ 3 018.30/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 82.31/BBP DOWN -0.0103 | Platinum US$ 1 043.55/OZ DOWN -0.0002 Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.75 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.76/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.92/lb UP +0.95% | Zinc US$ 3 018.30/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 82.31/BBP DOWN -0.0103 | Platinum US$ 1 043.55/OZ DOWN -0.0002