UPS toets elektriese vragmotor
Francois Williams – UPS (United Parcel Service), die Amerikaanse koerierdiens wat met ander internasionale afleweringsreuse soos Fedex en DHL meeding, gaan elektries aangedrewe afleweringsvragmotors toets.
UPS gaan die voertuie ses maande lank in samewerking met Thor Trucks as deel van sy vloot in die middestad van Los Angeles in Kalifornië toets.
Die Thor-vragmotor sal 160 km kan aflê voordat sy battery herlaai moet word.
Afhangend van die sukses van die toetse sal UPS dit oorweeg om nog van die elektriese vragmotors te koop.
UPS gebruik reeds 9 300 afleweringsvoertuie wat min uitlaatgasse vrystel om vas te stel watter tegnologie die beste op verskillende roetes werk. Dit sluit suiwer elektriese voertuie en elektries-hibriede voertuie in, asook voertuie aangedryf met etanol, vloeibare aardgas, saamgeperste aardgas en propaan.
Benewens Thor werk UPS saam met Daimler, Tesla, Workhorse, ARRIVAL en ander maatskappye wat alternatiewe en lae-uitlaatgasvoertuie ontwikkel.
UPS het wêreldwyd meer as 108 000 afleweringsvoertuie, 237 vragvliegtuie en 420 gehuurde vliegtuie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie