Universiteite skud hul vere reg
Met die heropening van kampusse is Covid-19-protokols en nuwe hulpbronne in plek gesit.
Kristien Kruger – Verteenwoordigers van verskeie tersiêre instellings was laasweek aan die woord by die Covid-19-kommunikasiesentrum in die hoofstad om te gesels oor hul gereedheid vir heropening op 3 Augustus.
Alle universiteit het 'n brief van die ministerie ontvang wat Covid-19-voorskrifte uiteensit. Volgens die registrateur van die Internasionale Universiteit van Bestuur (IUM), mnr. Aquilinus Nashilundo, is die voorskrifte nes dié vir skole en sluit in “afstandmerkers, ontsmetpunte, maskers en toegang tot water.”
Hoewel die meeste Namibiese universiteite 'n benadering volg waar studente in fases terugkeer, het elk 'n unieke strategie gevolg rakende watter groepe wanneer begin.
Die direkteur van akademiese sake by die Universiteit van Namibië (Unam), prof. Erica Maas, het gesê nie alle Unam-studente sal volgende maand na die kampus terugkeer nie.
“By Unam sal net 50% van studente toegelaat word om terug te keer sodat ons sosiale afstand kan behou. Studente sal ook nie tussen klasse beweeg nie,” het Maas gesê.
Die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) het op 16 Julie 'n brief aan hul studente en personeel gestuur. Die brief verduidelik hoe dié instelling se akademiese kalender verander is.
Senior studente by Nust wat aan die einde van die jaar hul grade verwerf, studente wat praktiese sessies moet bywoon, meestersgraadstudente en PhD-studente is reeds terug. Diegene wat nie toegang tot aanlyn onderrig het nie, sal op 3 Augustus deel van hierdie groep wees.
“Ons sal aangaan waar ons gestop het voor fase 1-inperking sodat niemand benadeel word nie. Dié groep se eerste semester sal op 2 Oktober eindig en hulle sal dan saam met die res van die studente op 12 Oktober vir die tweede semester registreer,” lui die brief.
Hulle beoog om die tweede semester, en die 2020 akademiese jaar, teen Maart 2021 af te handel en 2021 se akademiese jaar soos normaal weer in Desember 2021 te voltooi.
Volgens die brief sal nuwelinge in Maart 2021 by die instelling kan registreer.
Die direkteur van studentedienste by Nust, dr. Donovan Zealand, het gesê hulle het operasionele prosedures ingeval een van die studente of personeel Covid-19 opdoen.
Volgens Maas het Unam reeds voor die uitbreking van Covid-19 'n effektiewe aanlyn afstandonderrigplatform gehad en dié platform sal as plan-B dien as studente in die toekoms weer aanlyn moet studeer.
Hulpbronne
Die direkteur van afstandonderwys by Unam, dr. Maggy Beukes-Amiss, het gesê Unam het 'n hipergekonfigureerde infrastruktuur in plek.
“Dit is sagteware wat help om die kapasiteit van aanlyn onderrig te hanteer. Dit gaan veral help met dataherwinning en sekuriteit,” het Beukes-Amiss gesê.
Dié sagteware is beskikbaar vir enige instellings en kan by Unam aangevra word.
Volgens die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) se direkteur van bemarking en kommunikasie, mnr. Percy Tjihare, gaan skootrekenaars en internetstokkies vir studente beskikbaar gestel word sodat meer studente toegang tot aanlyn onderrig het.
“Die Telecom-internetstokkies voorsien maandeliks 10G internetdata. Die stokkies en skootrekenaars is beskikbaar vir alle Namibiese studente,” het Tjihare gesê.
Studente kan glo binnekort aanlyn op NSFAF se webtuiste hiervoor aansoek doen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie