United vereer Jason se waarde

Die nasionale span se toer in Europa is vir hom 'n groot openbaring en 'n motivering vir die toekoms, sê hy.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Die stut Jason Benade het 'n besondere naweek agter die blad wat begin het toe hy Vrydagaand in sy afwesigheid as Trustco United-rugbyklub se sportman van die jaar aangewys is.

Saterdag in Madrid is die 27-jarige Benade vir sy toetsdebuut in die laaste paar minute teen Spanje in die plek van AJ de Klerk opgestuur. Benade was as 'n laat plaasvervanger vir die toer nader geroep toe Nelius Theron hom vanweë eksamens moes onttrek.

Sy klubspan United se kaptein en voorsitter, Winmar Rust, sê Benade het dadelik 'n impak gemaak vandat hy laas jaar by die Filistyne aangesluit het.

“Jason verbeter met groot treë in elke wedstryd. Hy het ook reeds baie leierseienskappe gewys. Lyn Jones (gewese afrigter van die Welwitschias) het my eendag oor sy spel uitgevra en of hy 'n kans behoort te kry en ek het dadelik ja gesê.

“Van toe af het hy net aangehou groei en het hom as een van die beste stutte in Namibië bewys. Omdat hy vanjaar op provinsiale vlak gespeel het en nou ook saam met die nasionale span toer, was hy 'n logiese keuse as ons sportman van die jaar.”

Benade sê sy rugbyloopbaan het in 2009 begin toe hy by Hoërskool Dr. Lemmer op Rehoboth in graad 8 was.

“Dis waar ek die eerste keer begin rugby speel het. My oupa was 'n groot rede hoekom ek begin rugby speel het. Hy was 'n groot rugby-ondersteuner en met sy liefde en passie vir rugby wou ek met alle mag en krag ook begin speel.

“In my matriekjaar was ek ook gekies vir die 2013 onder 18 Cravenweekspan onder die leiding van Henry Kemp.

“Ná matriek het ek by Reho Falcon rugbyklub aangesluit. Ek het daar gespeel van 2014 tot 2017. Ek het in Mei 2017 besluit om na United oor te skuif. Ek was in 2018 gekies vir die Namibiese Barbarians en was ná dit ook deel van die Windhoek Draught Welwitschias-groep.”

Benade se eerste erkenning ná skoolvlak was toe hy vir die Namibiese span na die Wêreldrugby Onder 20 trofee-toernooi in Portugal gekies was.

Die o.20-span onder kaptein­skap van Christo van der Merwe het 'n string spelers bevat wat later op senior provinsiale of toetsvlak deurgebreek het (Van der Merwe, Louis van der Westhuizen, Damian Stevens, Johan Retief, Lesley Klim, Justin Newman, Max Katjijeko, Henrique Olivier, Hans Breedt, Cameron Langenhoven, Divan Rossouw asook die sewesspelers Chess Lawrence en Milaan van Wyk). Die span het een wedstryd teen Hongkong gewen, maar het teen Kanada, Tonga en Fidji verloor.

“Daai was maar 'n moeilike toer. Die meeste van ons was vir die eerste keer aan internasionale vlak blootgestel. Maar dit was ook 'n goeie geleentheid vir my as speler om myself te toets teen die beste op my ouderdomsvlak.

“Toe ons terugkom van die o.20-toer was dit genoem dat baie van ons nie die trappie sou kon klim om om die land op 'n hoër vlak te verteenwoordig nie. Dit het my net meer gemotiveer om terug te gaan en harder te gaan werk,” sê Benade.

Volgens hom is hy dankbaar vir Reho Falcon se geloof vandat hy as 18-jarige speler daar aangesluit het, maar die gebrek aan borge het dit moeilik gemaak om kompeterend te bly en uiteindelik het hy besgegee op afrigter Jood Opperman se versoeke om by United aan te sluit.

“Ek het daardie tyd ook FNB Unam se aanbod oorweeg, maar hulle was toe reeds drie jaar op 'n streep die kampioene en ek was nie seker of ek daar waarde sou byvoeg nie. Ek was nog nie een dag spyt nie, want United het my blootstelling gegee om op hoër vlak deur te breek en ons het 'n span gevorm wat Unam in die semifinaal kon uitskakel en in die eindstryd gespeel het.

“Om nou gekies te word as sportman van die jaar is vir my 'n baie groot voorreg en eer – veral by een van die oudste en grootste klubs in Namibië. Om op so 'n jong ouderdom so 'n groot erkenning te kry, is iets baie besonders.

“Dis nie iets wat ek verwag het nie en ek was rêrig baie verras. Dié was my eerste volle jaar by die klub en om beloon te word met so 'n groot toekenning is baie spesiaal.”

Benade het in die afgelope seisoen dikwels die aandag van toeskouers gelok vanweë die spesiale skermbril waarmee hy rugby speel.

“As kind is ek gebore met 'n kondisie wat daartoe gelei het dat dokters en spesialiste gesê het dat ek nooit enige kontaksport sou kon speel nie. Maar ek het nie toegelaat dat dit my terughou nie en met my oupa se groot invloed in my lewe en die wil van God kon ek tot dusver alles op die rugbyveld en in die lewe bereik wat my hart begeer het.

“Dié 'goggles' word deur Wêreldrugby gemaak en kon ná baie moeite net by hulle verkry word. Ek dra kontaklense ook, maar die bril help om my oë te beskerm teen enige gevare soos 'n stamp of 'n vinger in die oog wat tot groter skade kan lei. Dit beskerm ook my oë teen die son en help sodoende om my visie te verbeter.

“Ek kan net ons Hemelse Vader bedank vir die krag en genade van Bo. Sonder Hom sou ek niks kon bereik nie.”

Volgens Benade is hy van nature 'n loskopstut, maar het vanjaar na die regterkant van die voorry oorgeskuif.

“Hierdie toer in Europa het vir my as speler en persoon baie dinge laat leer en aspekte van rugby wat ek nie van geweet het nie. Om op dié vlak te wil presteer, sal ek nog baie hard aan my krag en fiksheid werk asook aan die taktiese aspekte van die spel. Maar ek is bereid om te leer en ek is nog jonk, so met die afrigterspan wat daar is om my te help moet ek net aanhou hard werk.”

Jood Opperman, wat as afrigter van United uittree, sê Benade is 'n gedissiplineerde speler wat met die regte leiding goeie hoogtes kan bereik. “Sy goeie karakter speel ook 'n rol in sy prestasies sover en ek wens hom sterkte toe vir sy rugby vorentoe.”



UNITED SE WENNERS IN 2018

Klubman van die jaar: Tertius van Vuuren en Uwe Neustädt.

Lewenslange eretoekenning: Hermann Rust.

Beste verdediger: Mbimbo Mbai (senter).

Beste drie van die jaar: Simon Kanime (stut).

Meeste drieë (6 elk): Winmar Rust (slot), Niël van Vuuren (haker, flank), Gerrit Thirion (haker), Riaan van Zyl (veelsydige agterspeler).

Mees waardevolle speler: Henry Kandjou (vleuel, senter).

Beste tweedespan voorspeler: Stefan (Duitser) Neustädt (slot).

Beste tweedespan agterspeler: Elroy Hammerslacht (vleuel, heelagter).

Mees waardevolle tweedespan speler: Atanasius (AK) Kangala (flank).

Beste junior vordering: Chris Swanepoel (Namibië o.20-stut).

Beste senior vordering: Darryl Vries (losskakel).

Mees toegewyde speler: Naudé Neethling (agtsteman).

Rugbyspeler van die jaar: Lionel Nantes (slot).

Sportman van die jaar: Jason Benade (stut).

Kommentaar

Republikein 2024-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.45 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 27.07 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.42/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.57/lb UP +0.99% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.98/BBP UP +0.59% | Platinum US$ 951.75/OZ DOWN -0.0043 Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.45 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 27.07 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.42/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.57/lb UP +0.99% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.98/BBP UP +0.59% | Platinum US$ 951.75/OZ DOWN -0.0043