United teen Kudus die naweek se grote
Klubrugby
Andrew Poolman - Rugbyklubs moet dié naweek opnuut die spit afbyt en sonder hul nasionale spelers en Welwitschias hul aanslag voortsit in die premierliga van die Namibië-Rugby-unie.
FNB Western Suburbs, wat die afgelope twee naweke die meeste opgang gemaak het deur vanaf die vyfde posisie tot vierde en toe derde te klim, het môre ’n welkome blaaskans.
Die voorloper en kampioen FNB Unam pak die reis na Rehoboth Rugbyklub aan met ’n wegholvoorsprong van 16 punte. Selfs sonder talle staatmakers sal afrigter Johan Diergaardt se manne nie net genoeg diepte vir ’n behoorlike aanslag hê nie, maar ook die motivering om hul momentum in die premierliga vol te hou.
Die tweede geplaaste FNB Wanderers (29 punte) het vanjaar ’n paar wedstryde verloor wat hy beslis sou verwag het om te wen – met of sonder sy nasionale spelers. Afrigter Vince Dreyer se span het nietemin gereeld bonuspunte opgetel en sal môre op hul tuisveld niks wil skietgee teen Reho Falcon nie.
Kudus (tans vyfde, 20 punte) se besoek aan Trustco United (vierde met 23) beloof om opnuut een van die beslissende botsings tussen twee kandidate vir die semifinaal te wees.
“Ons verwag ’n harde wedstryd, want Kudus het ons al twee keer hier op ons eie veld kom trap,” het United se afrigter Jood Opperman gister erken.
Die voormalige Goue Leeu-losskakel Earl Rose sal sy United-debuut maak nadat laas naweek se besoek aan Reho Falcon uitgestel moes word.
Trustco United (15-1): Felix Humphreys, Stefan Louw, Henry Kandjou, Mbimbo Mbai, Elmo van der Byl, Earl Rose, Herman Stroh, Shaun van Rooi, Atanasius Kangala, Naudé Neethling (kapt), Lionel Nantes, Eugene Forbes, Jonathan Goliath, Dewald Coetzee, Simon Kanime.
Reserwes: Jason Benade, Stefano Labuschagné, Egon Friedel, Stefan Neustädt, Jacques Le Hanie, Darryl Vries, Riaan van Zyl.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie