United rol moue op vir volgende geslag
Netbal
Tieman van Lill
Die Trustco United netbalklub in Olympia het vanjaar weer ’n afrigtingskliniek aangebied waar 30 meisies en twee afrigters van Laerskool MH Greeff onder die wakende oog van dié klub se bestes geslyp is.
United se visie om nuwe talent te ontgin, het reeds ’n geruime tyd lewe gekry en met soveel talentvolle spelers wat net die regte afrigting kort om in die regte rigting gestuur te word, was dit vir Jakkie Weise, hoofafrigter van die Filistyne, nodig om ’n handleiding saam te stel wat aan elke speler en afrigter oorhandig is.
Weise het met die hulp van verskeie gesoute spelers en bestuurslede van United netbalklub die potensiale sterre van môre ontgin waar basiese beginsels en vaardighede op ’n jong ouderdom aan hulle gedemonstreer was. Hoe jonger die spelers se talent ontwikkel word, hoe beter om ’n fondament te lê waarop hierdie jong meisies vir die toekoms kan bou.
Vir United is geleenthede soos hierdie afrigtingskliniek van uiterste belang en dit maak ’n prominente deel van hul jaarlikse aktiwiteite uit. United glo daaraan om aan mense en die gemeenskappe en hul omgewing terug te gee deur by hulle betrokke te raak. Deur sulke aksies groei en ontwikkel spelers en word ’n belangrike hoeksteen gelê waardeur hulle as mens kan groei.
’n Welkome bonus vir die laerskool se spelers en afrigters was toe vier splinternuwe netbalballe aan me. Skrywer, die netbalkoördineerder, oorhandig is. Die meisies was oorstelp van vreugde om vir die eerste keer hul eie nuwe balle hê, wat aandui dat United se helpende hand in die regte rigting uitgesteek is om hierdie jong lewens voller te help maak.
Vigo en Fruitree het deurentyd gesorg dat droë kele met hul yskoue produkte gelaaf word en boonop is almal met ’n sakkie vol eetgoed bederf. Hoewel United netbalklub, bestuurslede en afrigters van die koste help betaal het, kan hierdie tipe geleentheid nie sonder borge aangebied word nie.
Die netbalklub bedank Welwitschia Travel, Zanina Construction, Trustco Group Holdings, Safland en mense soos Ben van der Merwe en Braam Smit vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope paar jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie