United klop Stein-lose Falcon
Klubrugby
Andrew Poolman
Trustco United het Saterdag sy kans teen die NRU premierliga se enigste wenlose span, Reho Falcon, aangegryp om volpunte te behaal en sodoende met twee posisies op die puntelys te klim.
Die Filistyne het met 67-15 geseëvier en het uiteindelik elf drieë ingeryg. Vier drieë in 'n wedstryd beteken vir 'n klub 'n bonuspunt, met sewe drieë wat nóg 'n bonuspunt inbring.
Danksy dié ses ligapunte spring United vanaf 24 na 30 ligapunte en steek vir FNB Western Suburbs (27) én Kudus (25) verby om nou derde op die puntelys ná FNB Unam (50) en FNB Wanderers (35) te wees. Sesde is Rehoboth rugbyklub (19 punte) en laaste Reho Falcon (1 punt).
Reho Falcon was Saterdag sonder sy flank Greg Stein, wat ná 'n dissiplinêre verhoor vir ses maande uit klubwedstryde geskors is.
Die skorsing spruit ná 'n voorval waarby Stein betrokke was toe Reho Falcon op 24 Maart by United se Gemsbokpark besoek afgelê het. Stein het 'n geel kaart gekry nadat hy grensregter Robert Bezuidenhout gestamp en 'n persoonlike dreigement geuiter het. Stein is daarna aangekla en is verlede week skuldig bevind en vir ses maande geskors.
Stein, 'n voormalige Namibiese o.18-vleuel en nasionale sewesspeler, se dissiplinêre rekord het hom die afgelope seisoene egter toenemend omstrede gemaak. Hy is vanjaar deur sy klub na die flankposisie verskuif waar hy ondanks sy klein postuur 'n hoë werktempo gelewer het teen die oorheersende klubs in die premierliga.
United se buitesenter Henry Kandjou het drie drieë gedruk, terwyl linkervleuel Herman Stroh en slot Winmar Rust elkeen twee keer oor Reho Falcon se doellyn is. Nog vyfpunters het van regtervleuel Stefan Louw, losskakel Daryll Vries, slot Lionel Nantes en haker Dewald Coetzee gekom.
Sewe van kaptein Winmar Rust se doelskoppe het sekuur getref.
“Die wedstryd is in 'n baie goeie gees gespeel en ons was bevoorreg dat skeidsregter Jacky Husselman daar was om in beheer van die fluitjie te wees.
“Reho Falcon sukkel bietjie met diepte, veral onder die voorspelers,” het Rust agterna aan die koerant gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie