Unesco-lidlande aanvaar Windhoek+30-verklaring

Deurbraak vir vrye, onafhanklike en pluralistiese media

22 November 2021 | Internasionaal
Dis amptelik. Die Windhoek+30-verklaring oor inligting as 'n openbare bate, is Woensdag tydens die 41ste sitting van die Ver­enigde Nasies se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur (Unesco) se algemene konferensie deur die 193 lidlande aanvaar.

Die Namibiese regering het in 'n resolusie 'n beroep op ander lidlande gedoen om die Windhoek+30-verklaring te aanvaar.

Die konsepverklaring is op 3 Mei vanjaar deur die internasionale media in die Namibiese hoofstad aanvaar. Dit was ten tye van die 30ste herdenking van die 1991 Windhoek-verklaring oor die bevordering van 'n onafhanklike en pluralistiese pers in Afrika.

Namibië versoek Unesco in die resolusie om seker te maak ondersteuning word verleen aan aktiwiteite wat tot die verwesenliking van die doelwitte in die verklaring sal lei.

In hul kommentaar op die konsepverklaring bedank lidlande Namibië vir sy ingryping in 'n tyd wat daar 'n merkbare afname in persvryheid wêreldwyd is. Hulle het veral die verklaring geloof vir die aanbeveling oor die ontwikkeling van nasionale aksie­planne vir die bevordering van mediageletterdheid, die klem op die veiligheid van joernaliste en die prominensie wat dit gee aan die verspreiding en ontvangs van inligting as 'n openbare bate.



INTERNETMAATSKAPPYE

Die verklaring brei uit oor kritieke nuwe en historiese uitdagings vir die vryheid van uitdrukking wat gesamentlike internasionale optrede deur alle belanghebbendes vereis, en doen 'n beroep op 'n hernude wêreldwye verbintenis tot vryheid van uitdrukking, persvryheid en vryheid van inligting. Dit bevat ook aanbevelings oor die bevordering van internetmaatskappye se deursigtigheid en aanspreeklikheid.

Die Namibië Mediatrust (NMT) sê in 'n verklaring hy is trots op die regering se verbintenis tot die bevordering van persvryheid, vryheid van uitdrukking en toegang tot inligting – elemente wat kritiek belangrik is vir die bereiking en volhoubaarheid van die ontwikkelingsdoelwitte.

“Ons doen 'n beroep op alle Unesco-lidlande om hulle te verbind tot die implementering van die verklaring sodat die bevordering van 'n vrye, onafhanklike en pluralistiese media die norm en nie die uitsondering is nie,” sê Zoé Titus, NMT se direkteur.

Soortgelyk

 

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

1 uur gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

2 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

2 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

6 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

16 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

16 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

16 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

16 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...