Unam-staking op hande
Die geskil draai om die werknemers se eis vir 'n 6%-verhoging.
Augetto Graig
Werknemers aan die Universiteit van Namibië (Unam) is op die punt om te staak ná hulle teen die einde van verlede week gestem het om nywerheidsaksie teen hul werkgewer te neem.
Mnr. Johannes Haufiku, die universiteit se woordvoerder, het bevestig die uitslag van die stemproses is teen Vrydag 16:00 bekend gemaak.
Die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) verteenwoordig Unam se werknemers in die geskil.
Volgens mnr. Muree Tjiueza van Nantu het 62% van die opvoedkundige instelling se werkers in die onderhandelingseenheid ten gunste van die staking gestem.
Hy het gesê Unam se bestuur gebruik dié taktiek om finale goedkeuring van die staking te vertraag.
Die vakbond het Maandag 'n tussenganger van die ministerie van arbeid gevra om 'n besluit oor die goedkeuring van die reëls vir die staking te neem, het hy gesê.
Indien hulle die goedkeuring sou kry, kan Nantu binne 48 uur met die staking begin.
Volgens Haufiku het die vakbond die datum vir die staking nog nie amptelik met die universiteit bevestig nie.
Hy sê Unam se studente sal eers daarná van verwikkelinge ingelig word.
Die geskil draai om die werknemers se eis vir 'n 6%-verhoging, het Haufiku gesê.
“Unam se bestuur verstaan die betrokke ingewikkelde ekonomiese kragte, maar is tans nie in staat daartoe om aan hierdie eis te voldoen nie,” het hy gesê.
Unam en Nantu onderhandel sedert die begin van vanjaar reeds oor 2018 se salarisverhogings.
Die universiteit het glo eers 6% aangebied, maar vanjaar se regeringsbegroting was slegs genoeg om salarisse te betaal. Derhalwe is kapitaalprojekte stopgesit en dié aanbod teruggetrek.
Haufiku het gesê: “Die aanbod is tans zero Namibiese dollar. Hierdie standpunt is nie 'n blatante verontagsaming van die sosioëkonomiese omstandighede wat die werknemers ervaar nie, maar eerder die gevolg van beskikbare fondse.”
Die vakbond aanvaar egter nie die verskoning dat daar bloot geen geld is nie.
Volgens Tjiueza is die universiteitsbestuur verantwoordelik daarvoor om sy werknemers versekering te bied.
“Ons het dit nooit aanvaar nie,” het hy van Unam se standpunt gesê.
Job se kantoor
Intussen is daar glo Sondagaand by mnr. Job Amupanda se kantoor op Unam se hoofkampus ingebreek.
Amupanda is die adjunkdekaan van die fakulteit van ekonomiese en bestuurswetenskappe.
“Volgens die sekuriteitsbeamptes moes die inbraak in die nag plaasgevind het omdat dit ontdek is toe die dagskof opgedaag het,” het Amupanda gesê.
Tans blyk dit niks is gesteel nie, maar Amupanda stel nog ondersoek hierna in.
“Ons probeer verstaan waarom dit gebeur het,” het hy gesê.
Dit is egter nie die eerste keer dat dié soort voorval plaasvind nie, het hy vertel.
“My sekretaris was onlangs in die aand hier toe iemand die aluminium-traliedeur probeer oopmaak het. Sy het in die agterste kantoor gaan wegkruip,” het hy gesê.
Amupanda het gesê die universiteitsbestuur is van die voorval ingelig en het reeds voorheen onderneem om veiligheid te verbeter, maar daar het dadels van gekom.
Hy het gesê hy is werklik bekommerd oor veiligheid op kampus.
“Natuurlik is ek bekommerd, maar ek is nie bang nie. Dit dien eerder as aansporing dat ons moet voortgaan,” het die akademikus en leier van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) gesê.
“Dit is duidelik deel van 'n veldtog om ons stil te maak,” het hy gesê.
Amupanda glo sy posisie as leier van dié radikale beweging is tot voordeel van Namibië se armes, en is in teenstand teen korrupsie en die plundering van die land se hulpbronne.
“Hulle is oortuig Namibiers is mak en as hulle wegdoen met die paar wat hard praat, sal die res stilbly. In 'n stadium sal ons ons gemak, veiligheid, en selfs ons lewens as dit moet, vir die toekoms van ons land moet opoffer,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie