Unam maak Old Boys goed skrik
Veldhokkie
Die agtste ronde van die Bank Windhoek Premierliga is die afgelope naweek afgehandel waar die vierde geplaaste manspan van Unam die voorlopers Windhoek Old Boys (WOBSC) so byna geklop het.
Die uitslag van 4-4 tussen Unam en Old Boys het meegebring dat DTS vir Old Boys op die ligaleer ingehaal het om nou tweede met 19 punte te wees. Old Boys, wat een wedstryd minder gespeel het, behou steeds sy eerste posisie met 19 punte.
Old Boys se doelverskil van 27 teenoor DTS se 13 weeg sover in sy guns om sy aanspraak op die titel te behou.
Dit was soos verwag 'n uiters mededingende stryd, met Old Boys se nasionale doelwagter Jacobus Coetzee wat sy span met etlike puik stukkies keerwerk gered het. Dit het sy spanmaats gemotiveer om terug te veg en 'n agterstand van 4-1 in die laaste paar minute uit te wis.
Old Boys se doele is deur Dylan Finch (2), Siyabonga Martins en Rory Hammond behaal, terwyl Unam se doele van Sasca Chioza (2), Dickson Vambe en Trevor Hinamanu gekom het.
Saints se wegholsege van 12-1 teen NUST het hom 'n stewige hupstoot gegee om sy derde plek met 17 punte te behou. Trevor Cormack en Damien Schutz behaal elkeen vier doele, terwyl Francois Fuscher twee doele bygevoeg het en Cody van der Merwe en Nico Neethling elkeen een.
Die sukkelende NUST bly punteloos in die laaste plek en kon in hul sewe verloorwedstryde sover net vyf doele behaal, terwyl 65 teen die studentespan behaal is.
William De Ath het 'n dubbeldoor vir DTS aangeteken toe sy span teen Wanderers met 4-0 gewen het (rustyd 2-0). Lenard Fick en Darren Roberts het ook seker gemaak dat die tellinghouers hul nommers neerskryf.
VROUE
Hoewel BDO Wanderers met 1-0 in 'n spannende botsing teen DTS geseëvier het, kon hulle nog nie die toonaangewende span van Saints inhaal wat die eerste plek beklee nie.
Wanderers se 15 ligapunte is wel genoeg om dié span in die tweede posisie, drie punte voor Unam, te plaas. Vir Wanderers het Ané Kotze die enigste doel aangeteken.
Unam se aanvalle teen Windhoek Old Boys was genoeg om die studente 'n oorwinning van 3-0 te besorg. Unam se Lydia Simon het twee keer die kol getref.
Saints se botsing teen NUST eindig met 6-0 waar ses verskillende spelers die doelhok getref het. In die eerste helfte was dit Tara Myburgh, Rachel Finch en Kaela Schimming, voordat Joane van Rooyen, Jaime Cilliers en Cele Wessels in die tweede helfte hul kanse afgerond het.
Die volgende ronde in die premierliga word komende Saterdag en Sondag by Wanderers in Pionierspark asook by WHS se astro-bane gespeel.
Die huidige puntestand in die Bank Windhoek premierliga:
Mans: WOBSC 19, DTS 19, Saints 17, Unam 10, BDO Wanderers 7, NUST 0.
Vroue: Saints 23, BDO Wanderers 15, Unam 12, WOBSC 9, DTS 7, NUST 0.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie