Uitvoerende hoof wu00e9u00e9r geskors
Uitvoerende hoof wu00e9u00e9r geskors

Uitvoerende hoof wéér geskors

NAMPA
Mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof van die Rehoboth-dorpsraad, het Saterdag ’n brief ontvang waarin hy verwittig is dat hy met ingang 29 September geskors is.

Volgens die brief is die besluit tydens 'n spesiale vergadering Vrydag geneem om hom met onmiddellike effek op 14 verskillende aanklagte teen hom te skors.

Mnr. Winston /Uirab, voorsitter van die dorpsraad se bestuurskomitee, het die skorsing bevestig en gesê 'n verhoor sal op 19 Oktober gehou word.

“Ek kan bevestig hy is geskors om die raad genoeg tyd te gun om die beweringe teen hom te ondersoek en om enige inmenging van sy kant te vermy,” het /Uirab gesê.

Volgens die brief is die skorsing ’n voorsorgmaatreël omdat /Uirab na bewering tydens verskeie geleenthede met die ondersoek teen hom ingemeng het, en dit die afhandeling daarvan en die begin van dissiplinêre optrede vertraag het.

/Uirab het glo twee werknemers met dissiplinêre optrede gedreig, sou hulle enige verklarings gee aan mnr. Borris Isaacks wat die verhoor lei.

Daar word voorts ook beweer /Uirab het geweier om hom aan ’n ondersoek vir wangedrag te onderwerp.

Dit is die tweede keer dat /Uirab geskors word. Hy is op 12 September verlede jaar vir beweerde diensweiering en ook seksuele teistering van die voormalige finansiële bestuurder van die stadsraad, me. Jennifer Kays, geskors. Hy is egter op 15 September 2016 heraangestel.

Benewens die hangende aanklagte teen hom is nuwe klagte van diensweiering bygevoeg. Ook het hy na bewering nie 'n raadsbesluit uitgevoer om die tender van die veiligheidswagte te beëindig deur drie maande kennis aan die gekontrakteerde maatskappye te gee en om die tenders weer te adverteer nie.

Op die onlangse klagstaat word /Uirab van nalatigheid beskuldig omdat hy die dorp se elektrisiteitsrekeninge wat in Februarie vanjaar op N$19 miljoen gestaan het, tot die jongste syfer van N$ 43 miljoen laat ophoop het.

Hy het na bewering ook versuim om 'n begroting vir die eerste drie maande van die nuwe boekjaar in te dien, iets wat die stadsraad in ’n slegte lig by die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling stel.

/Uirab het ook glo geweier om tjeks te onderteken vir die betaling van die prokureur mnr. Christopher Stanley, wat die raad in 'n belangrike siviele saak teen Rehoboth Properties verteenwoordig het.

/Uirba het Saterdag bevestig hy het die brief ontvang. Volgens hom is dit egter onwettig omdat die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling nie geraadpleeg is nie.

“Op hierdie oomblik kan ek nie die inhoud van die brief bespreek nie. Al wat ek kan sê, is dat ek die brief Saterdag ontvang het. Ek moes dit eers Maandag ontvang en hoekom ek dit oor die naweek gekry het, weet net hulle alleen. Dit is die tweede keer dat ek onwettig en sonder om die regte prosedure te volg, geskors word,” het /Uirab gesê. - NAMPA

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.93/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.97% | Zinc US$ 2 904.10/T UP 1.74% | Brent Crude Oil US$ 89.02/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.93/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.97% | Zinc US$ 2 904.10/T UP 1.74% | Brent Crude Oil US$ 89.02/BBP UP +0.14% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034