Uitstalling vir bewaring
Die Tosco-trust bied met trots die kunsuitstalling, Wildlife Conservation in Namibia, by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aan.
Die uitstalling vind van 29 Oktober tot 7 November plaas.
Kunswerke van verskillende organisasies, soos onder meer Desert Lion Conservation, EHRA, die Cheetah Conservation Fund, die Kwando Carnivore Project, die Rhino Trust en plaaslike kunstenaars soos Sonia Bergh, M'kariko Amagulu, Stéphanie Perriquet, Ndako Nghipandulwa word uitgestal.
Dít om bewustheid van Namibië se natuur, bewaringsuitdagings en die rol van toerisme te skep.
Die werke sal te koop wees en al die fondse wat ingesamel word, sal aan Tosco oorhanding vir die befondsing van bewaringsprojekte in Namibië.
Tosco ondersteun toerisme, gidse en reisigers in Namibië.
Hul hulpbronne en fondse is afkomstig van die publiek en die toerismebedryf. Dit sluitend plaaslike maatskappye soos Pack Safari of Ecosafari, oorsese agentskappe, gidse en individuele reisigers in.
Die uitstalling sal mense bewus maak van die feit dat die natuur waarmee ons hierdie planeet deel, besig is om te sterf.
Terselfdertyd sal dit mense bewus te maak van die rol wat hulle in die bewaring van ons omgewing kan speel.
Verder sal die uitstalling die pogings uitlig wat mense en organisasies reeds onderneem om die konflik tussen wild en plaaslike gemeenskappe te verminder.
Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie