Uitstallers registreer vir NTE 2017
Deelnemers aan vanjaar se Namibië Toerisme Ekspo (NTE 2017) en Motorskou moet gou spring om hul personeel vir hierdie geleentheid te registreer. Die NTE vind plaas vanaf 31 Mei tot 3 Junie. Registrasie op die elektroniese vingerafdrukstelsel wat uitstallers toegang tot die terrein sal bied, vind elke Woensdag en Vrydag vanaf 08:00 tot 13:00 plaas. Uitstallers word aangemoedig om vir registrasie aan te meld op 12, 14, 19, 21, 26 of 28 April.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie