Uitslae van vier skoliere nog nie bekend
Uitslae van vier skoliere nog nie bekend

Uitslae van vier skoliere nog nie bekend

Henriette Lamprecht
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Esther Muinjangue het nie soos verwag vanoggend die uitslae bekend gemaak van die vier skoolseuns wat gister vir Covid-19 getoets is nie. Die vier seuns is leerlinge van die Swakopmund Sekondêre Skool en gaan in die Namib High-koshuis op Swakopmund tuis. Hulle is intussen in aparte kamers in die koshuis geplaas.
Namibië het tans 31 bevestigde Covid-19-gevalle waarvan 16 ten volle herstel het en 15 aktief is. Tot op hede is 4 970 weefselmonsters getoets, 496 kontakte word gemonitor en 737 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer