Uitsaaikode kom binnekort
Uitsaaikode kom binnekort

Uitsaaikode kom binnekort

Die kommunikasieowerheid vorder met ’n deeglike konsultasieproses vir die ontwerp van nuwe reëls en regulasies.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) het Maandag hul laaste openbare vergadering in voorbereiding op ’n nuwe uitsaaikode vir Namibië in die hoofstad gehou.

Dié vergadering het belanghebbers bymekaargebring om die derde voorstel vir so ’n kode te bespreek.

Cran se uitvoerende hoof, mnr. Festus Mbandeka, was positief oor die goeie bywoning van die geleentheid.

Hy het hom oor die voortdurende goeie samewerking sedert die begin van die ontwerpproses vir die kode in 2015 uitgespreek.

Mbandeka het gesê die kode moet onder meer plaaslike inhoud bevorder, openbare gesprek aanmoedig, deursigtigheid, vryheid van spraak en privaatheid verseker, kinders beskerm en haatspraak reguleer.

Dit sal eers net op kommersiële en gemeenskapsuitsaaiers van toepassing wees, en die nasionale uitsaaier (NBC) sal later daaraan onderhewig wees ná die minister van inligting en kommunikasietegnologie ’n toepaslike datum daarvoor bepaal het.

Mnr. Steven Ndorokaze, hoof van die staatsonderneming se regsdienste, het gesê verwarring oor die proses het tot die NBC se beperkte insette tot dusver oor die ontwikkeling van dié kode bygedra.

Ten spyte hiervan het hy ander rolspelers in die plaaslike bedryf gelukgewens met dit wat tot dusver bereik is.

Mnr. Robin Tyson, bekende televisiekenner en lektor by die Universiteit van Namibië (Unam), het gesê Cran het insette in ag geneem om ’n meer werkbare kode as voorheen saam te stel.

Die nuutste voorlegging vir ’n kode het wyer konsultasie en internasionale beste praktyke ingesluit, het hy gesê.

Mnr. Madryn Cosburn, van die televisiestasie One Africa, het gesê die nuutste kode is ’n prakties bruikbare dokument, wat kort voor lank in werking gestel kan word.

Cosburn het wel gesê die vertraging in die implementering daarvan by die NBC sal die land swakker laat vaar wat mediavryheid betref.

Slegs MultiChoice Namibia het 'n amptelike voorlegging by die geleentheid gemaak.

Mnr. Roger Gertze, MultiChoice se hoofbestuurder, en me. Wendy Rosenberg, hul regsverteenwoordiger, het die maatskappy se unieke sakemodel verduidelik.

Volgens hulle maak die maatskappy geen programme of musiekvideo’s nie.

Hulle saai liewer volledige kanale, as deel van spesifieke pakkette, aan kliënte uit. Derhalwe het hulle geen beheer oor die inhoud van spesifieke programme of sekere kanale nie, het hulle gesê.

Veral wat die skep van plaaslike inhoud betref, beperk Cran wat uitgesaai word en MultiChoice kan nie hiertoe bydra nie.

Rosenberg het voorgestel Cran maak voorsiening vir ’n plaaslike kanaal en laat Multichoice só toe om tot plaaslike inhoud by te dra.

Volgens die kode moet plaaslike radiostasies 15% plaaslike musiek uitsaai.

Kommersiële televisie sal 10% plaaslike programme moet uitsaai, en gemeenskapstelevisiestasies 15%, terwyl diensverskaffers van betaal-TV sowat 1,5% van hul jaarlikse inkomste aan die aankoop en ontwikkeling van plaaslike inhoud moet bestee.

MultiChoice, wat ’n betaal-TV-diensverskaffer is, het gevra Cran moet eerder tot 3% hiervoor oorweeg.

Die kode beoog ook dat die NBC later tot 30% van musiek en programme aan plaaslike inhoud sal toeken.

Dié kwotas sluit nie nuus, sport, geleenthede, promosies, advertensies en verkope in nie.



Volgens Cran se regsverteenwoordiger, me. Emilia Nghikembua, sal alle insette gelewer in ag geneem word en so ver moontlik ingesluit word, en sal 'n byvoegsel dit verklaar.

Dít sal dan aan Cran se raad oorhandig word, wat die volgende stappe na verwagting vroeg in Oktober sal doen, het Rosenberg gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026