Uitreiking van rybewyse tydelik gestaak
Uitreiking van rybewyse tydelik gestaak

Uitreiking van rybewyse tydelik gestaak

Augetto Graig
Augetto Graig - Die Namibiese Verkeers- en Inligtingstelsel (NaTIS) het volgens die Paaieowerheid (RA) se woordvoerder, me. Hileni Fillemon, die uitreiking van rybewyse tot tyd en wyl gestop.

Bestuurders wat hul oorspronklike lisensie wil afhaal, sal moet wag totdat hulpbronverskaffers wat die kaarte maak, weer aflewerings kan doen, het Filemon gesê. Sy het voorts gesê die materiaal waarop die lisensies gedruk word, kom uit die Verenigde Koninkryk, en die onderbreking is tydelik.

Fillimon het ook gesê daar is sedert Junie 'n agterstand in die uitreiking van rybewyse, toe die materiaal opgeraak het. Sy sê die materiaal wat gebruik word, maak dit moeiliker om rybewyse te vervals, en omdat die verskaffer ook ander kliënte het, moet Namibië sy beurt afwag. NaTIS verwag dat die agterstand teen middel November ingehaal sal wees.

Intussentyd reik NaTIS tydelike lisensies uit wat vir 18 maande geldig is. Alle ander NaTIS-toetse en hernuwings gaan soos normaal voort.

Kommentaar

Republikein 2025-06-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer