Uitmuntende ringe
'n Namibiër van Tsumeb se handgemaakte ringe vertel elkeen sy eie storie.
Francoise Steynberg - Elke ring wat uit 'n munt gemaak word, vertel 'n ander verhaal.
Só sê mnr. Werner Gevers van Tsumeb wat unieke ringe uit munte maak.
“Dit is 'n storie wat jy dalk nie presies sal ken nie, maar elke munt het al honderde kere van hande verwissel, en baie verskillende goed is deur die jare daarmee gekoop,” sê Gevers van Coin Rings for Africa.
“Elke munt het uit die weggesteekte kas of kluis van 'n versameling sy pad na 'n nuwe lewe as 'n ring gevind – iets baie meer persoonliks met nuwe waardes.”
Gevers sê hy het agt maande gelede met dié stokperdjie begin.
“Dit het begin toe iemand 'n familielid verloor het en iets gesoek het wat hulle by hulle as herinnering kan dra. Ek het toe 'n ring uit 'n munt met die persoon se geboortedatum daarop gemaak,” vertel hy.
“Toe maak ek nóg 'n ring en die navrae het begin instroom vir geskenke vir huweliksherdenkings en 21ste verjaardae.”
Gevers sê dit is beter om 'n munt wat net iewers lê en stof opgaar, te vat en iets moois daarvan te maak.
“Jy kyk meer na jou hande as wat jy na 'n hangertjie om jou nek kyk,” sê hy.
“Dis 'n geskenk wat jou kleinkinders kan erf. Dis iets uniek; jy kan nie net in 'n winkel instap en dit koop nie.”
Hy sê dit is 'n stokperdjie wat later 'n besigheid kan word.
Gevers sê hy het 'n groot verskeidenheid van 1 200 munte.
Hy is tans besig om 'n katalogus van die munte saam te stel sodat mense self kan kies wat hy in 'n unieke ring moet omskep.
“Party munte is van koper en brons, wat eers behandel moet word. As jy 'n spesiale munt het, kan jy dit ook bring. Mansringe is weens die grootte gewoonlik uit nikkelmunte.”
Gevers sê die ou, silwer Suid-Afrikaanse R1 van 1966, 1967 en 1969 is gewild, asook die Switserse frank, wat 'n mooi motief op het.
“Ek gebruik nie Namibiese munte nie, omdat dit nog in sirkulasie is. Ek gebruik meestal versamelstukke.”
Gevers beplan om by die Windhoek Skou en Grootfontein Skou demonstrasies te lewer van hoe hy die munte maak.
“Ek is puntenerig oor die afwerking. Noem my maar 'n perfeksionis.”
Hy sê dit neem hom gewoonlik drie tot vier uur om 'n gewone ring te maak.
“Dit hang van die munt self af hoe lank dit vat om 'n ring te maak. 'n Groot Suid-Afrikaanse vyf sjieling-munt is 4 cm in deursnee. Dit is 'n dik munt met baie silwer in. Om dié ring af te werk en te poleer, vat dubbel die tyd.”
Besoek Coin Rings for Africa op Facebook of stuur 'n e-pos aan [email protected] vir meer inligting.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie