Uitkloptyd vir Top-8 se bonusgelde
Sokker
Andrew Poolman
Twee spanne in die middel van die NPL-puntelys open môreaand die geskiedkundige eerste Standard Bank Top-8 beker.
Op papier lyk enige voorspelling tussen Unam (agtste op die huidige NPL-lys) en Tigers (negende) na 'n waagstuk in die aanloop na hul botsing môre om 20:00 in die Sam Nujoma-stadion.
Hul mees onlangse NPL-ontmoeting was 'n gelykopuitslag met 1-1 op 24 Januarie vanjaar wat in wedstrydverslae as vervelig bestempel is.
Dis moontlik dat die momentum sedertdien in die guns van Woody Jacobs se Unam-span kan wees, wat laas naweek na Karasburg gereis het en met 3-0 teen Young Brazilians geseëvier het. 'n Vryskop deur Willem Mwedihanga is met nog doele deur Hija Katjivena en Edmund Kambanda opgevolg.
Hierteenoor is Tigers straks nog besig om weer sy voete te vind nadat Oubaas Mokwena vroeg vandeesmaand as afrigter oorgeneem het toe Mervin Mbakera sy bedanking ingedien het.
Enkele dae ná die verwisseling van afrigters moes die Tiere 'n neerlaag met 0-2 teen Tura Magic in Katutura afsluk, voordat hulle op Sondag 10 Februarie beter gevaar het deur Eleven Arrows op Walvisbaai met 2-0 te gaan verslaan.
Die Top-8 beker is 'n uiters gesogte trofee wat met prysgeld van N$500 000 vir die kampioenspan gepaard gaan. Die verslane finalis sal met N$250 000 wegstap, terwyl die ander twee semifinaliste se bankrekening 'n inspuiting van N$125 000 elk kry.
Die twee spanne wat tot die eindstryd deurdring, sal vooraf elkeen N$15 000 ter voorbereiding kry.
Op individuele vlak sal die speler van die reeks, die voorste doelskieter en die topafrigter elkeen N$15 000 verdien. Die beste doelwagter en die beste skeidsregter in die reeks word elkeen met N$10 000 beloon.
Pryse van N$2 000 elk word uitbetaal aan die speler van die wedstryd in elk van die vier kwarteindstryde. Dié eer sal in die halfeindronde N$2 500 werd wees, terwyl die topspeler in die eindstryd N$3 000 verdien.
Vrydagaand om agtuur kom Tura Magic en die besoekende Mighty Gunners van Otjiwarongo in hul Top-8 uitklopstryd aan die beurt.
Saterdag wag ook twee wedstryde, naamlik die NPL-voorloper Black Africa teen Eleven Arrows om 17:00, gevolg deur African Stars en Orlando Pirates se tweede ontmoeting in twee naweke. Stars het laas Saterdag met 1-0 gewen.
• Toegang beloop N$40 by die hek, of N$30 indien jy jou kaartjie vooraf deur webtickets of by enige Pick n Pay winkel koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie