Uiteindelik - goedkoper mediese vervoerdiens
Die plaaslike mark verwelkom dié nuwe aanbod.
Yochanaan Coetzee - E-Med Rescue 24, Namibië se grootste en mees gevorderde nooddiensverskaffer, het verlede Donderdag hul jongste aanbod bekend gestel.
Vir diegene wat in die verlede mediese vervoer nodig gehad het, was dit nie net onbekostigbaar nie, maar soms ook onmoontlik om 'n afspraak te kry.
In 'n poging om die proses te vergemaklik én meer bekostigbaar te maak, het E-Med Rescue 24 'n nuwe mediese vervoerdiens van stapel gestuur.
“Ons land beleef swaar ekonomiese tye en ons as 'n maatskappy wou seker maak ons doen ons deel om ons kliënte en die gemeenskappe waarin ons werk, by te staan en seker te maak mense het toegang tot die nodige vervoer en behandeling,” het mnr. Winnie Koopman, operasionele bestuurder by E-Med, gesê.
Die nuwe vervoerdiens is reeds in Windhoek en op Swakopmund beskikbaar en spog met nuwe ambulanse, toegerus met sitplekke, genoeg spasie vir 'n rolstoel en vir een pasiënt om te lê. Groepe bejaardes en pasiënte kan dus koste bespaar deur saamrygeleenthede te reël.
Saam met gekwalifiseerde paramedici en al die nodige toerusting om enige soort noodgeval te kan hanteer, is die ambulansdiens nie net toeganklik nie, maar ook bekostigbaar - of jy aan 'n mediese fonds behoort of nie.
“By enige maatskappy wil jy streng beheer oor jou uitgawes hê en jy wil alles kan tel. Maar in hierdie bedryf, en veral met sulke toegewyde paramedici, is daar baie wat ons nie kan tel nie en koste wat nie bereken kan word nie.
Ons voel dis ons plig, nie net teenoor kliënte nie, maar ook teenoor die publiek om hul gesondheid en versorging 'n prioriteit te maak,” het mnr. Bertus Struwig, uitvoerende hoof van die Prosperity Group, waarvan E-Med Rescue 24 'n lid is, gesê.
“Dié is net een van die talle verwikkelinge waarmee ons nou besig is, wat in die toekoms ons diensverskaffing op wêreldvlak sal bring,” voeg hy by.
Hoewel die vraag na dié diens baie hoog is, wou E-Med Rescue 24 die dienskoste steeds verlaag sodat hulle Namibiërs in swaar ekonomiese tye kan bystaan.
“Dié aanbod is baie vrygewig en sal ver gaan om die lewens van pasiënte wat die dienste van 'n 'mediese taxi'benodig, te vergemaklik,” het mev. Preetha Goosen, bemarkings- en kontaksentrumbestuurder by E-Med Rescue 24, gesê.
Alle vervoerdienste tussen hospitale vir kort of selfs lang afstande tussen dorpe is 20% goedkoper.
In 'n noodgeval of vir meer inligting oor mediese vervoerdienste, skakel gerus E-Med Rescue 24 se kontaksentrum by 081 924.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie