Uit die woesteny op die blommeroete
Uit die woesteny op die blommeroete

Uit die woesteny op die blommeroete

Des Erasmus
Des Erasmus - Soos voor 'n eindeksamen van lank gelede kom daar 'n wens om in 'n ander tyd op 'n ander plek te wees. Soos nou weer waar die Namib van ons Namibiërs teen die see vasdruk. Want uit die binneland kom meer as net 'n gerug van reën.

Sommer ver paaie wag - Usakos toe, Karibib en Omaruru toe, daarvandaan oor Kalkfeld Hochfeld toe, 'n draaitjie doer deur Basterland na Sandhof se lelieveld by Maltahöhe en dan weer padlangs deur die Kuiseb-canyon terug huis toe. Maak dan sommer van Wilhelmstal een van die stilhouplekke waar duwweltjies 'n goue soom vir die lanfer van die teerpad spin.

Sien jou daar. Sien jou in die Khomas Hochland waar boer Draadschmidt jou met sy padskraper help om deur die Kuisebstroom te beur. Modderwater teen jou voete, maar 'n lied in die hart.

Juis by Usakos is 'n stofpad suidwes gekies om by 'n blommeprag te kom waar min mense gaan. Blou tulpe waar los rotsriwwe dammetjies vorm in die geel welf van die ondergroei. En laat 'n boerenooi jou dan die pad beduie na die plek waar die seldsame Dillie in die woesteny blom.

Nog beter, wip in die sitplekke van die plaas se Jeepie terwyl sy self aan die stange hang omdat sy die wêreld ken.

Want juis met 'n sagte vrouehand moet sy vingerbeduie na die klein plantjie wat sy die teeblommetjie noem en wat net tussen twaalfuur en tweeuur in die middag sy skone tabberd dra.

Aanstoot Wilhelmstal toe om rem te skop waar 'n padsmous met sy sampioene staan. Kibbel gesellig oor die prys van die lekkerny en sy verweer is dat daar vroeg opgestaan moes word om voor die koedoes by die oes te kom. Sy bygooi is die resepte wat hy gee terwyl hy die koelboks laai. Snippers in 'n botterpan met 'n titseltjie ui en 'n knypie sout.

Spreek hom dan aan om matiger te laai, want vanjaar moet ook Omaruru en Kalkfeld se gasie 'n plekkie kry.

Ja, ook Omaruru waar vanjaar weer die opstandingsblommetjies hul gesiggies wys. Soos die plate wat weer 'n laken gaan trek oor die droogtesere van die vlakte duskant die Brandberg.

Dan kom die pasgevonde vriend van die wapad ook met sy versugting. “Neem my saam!”

Weer moet in die násomer uit die helder poele van die Brandberg geskep kan word of in die klipbad van die Spitzkoppe geplons kan word om die stof van die droogte af te skrop.

Af Hardap toe om vas te stel of die oewerriet weer 'n toernooi van armdruk teen die water van die groot rivier aanbied.

Of vat my verder af na Asab met sy grensrivier. Eens toe dit nog grondpad was, was daar op die suidoewer drie dae gewag op die stroom om af te loop, sodat met 'n Datsunbakkie deur die moddersloot gebeur kan word. Net dalk lê daar op die oewer nog my nou versteende modderspoor. Dalk staan daar weer 'n trein tussen spoelplekke op die spoor.

Of ry met die terugkomslag by Sossusvlei verby Sesriem toe. Dalk vloei die stroompie doer in die dieptes nou weer sterker waar ses rieme in die maer jare nodig was om dit by te kom.

Of van my Swakop na die Ugabrivier waar die modderstroom 'n streep voor die Skedelkus trek.

“Ek het op die oewers die Ugab ingestap om die diepte van die water te meet, maar in die proses is daar gegly en geval vir 'n heup en skouerbeeld om in die son te versteen as getuienis van hierdie uur.

"So word in die moddersnot van die Ugab gelê totdat 'n hekman 'n sterke arm reik om my aan op te beur. Yswater uit 'n koelkas vir die was en ruilskoene in die plek van die modderklompe. Skoon klere uit blink koffers in die Skedelkus se niemandsland. Geen mens om in die helder oomblik van ontkleding van dié oggend te deel nie. Modderbesmeer en nakend soos die Namib voor my God.

“En ek sê: Dankie Heer …” (Uit: Lanfer 50).

Kommentaar

Republikein 2024-05-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 20° | 35° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 15° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 15° | 30° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:49, High tide: 02:42, Low Tide: 20:58, High tide: 15:11 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:47, High tide: 02:40, Low Tide: 20:56, High tide: 15:09 Walvis Bay: 14° | 22° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:47, High tide: 02:39, Low Tide: 20:56, High tide: 15:08 Rehoboth: 14° | 31° Mariental: 16° | 30° Keetmanshoop: 13° | 28° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 16° | 25° Ariamsvlei: 14° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 29° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 11° | 20° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 14° | 18° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 18° | 29° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.45 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.63 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.65 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1381.65 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 27.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76776.44 Up +0.46% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1698.71 Down -0.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.48 Down -0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.72/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.44% | Zinc US$ 2 954.80/T UP -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.36/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 973.83/OZ UP +2.61% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 20° | 35° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 15° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 15° | 30° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:49, High tide: 02:42, Low Tide: 20:58, High tide: 15:11 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:47, High tide: 02:40, Low Tide: 20:56, High tide: 15:09 Walvis Bay: 14° | 22° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:47, High tide: 02:39, Low Tide: 20:56, High tide: 15:08 Rehoboth: 14° | 31° Mariental: 16° | 30° Keetmanshoop: 13° | 28° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 16° | 25° Ariamsvlei: 14° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 29° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 11° | 20° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 14° | 18° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 18° | 29° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.14 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.45 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.63 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.65 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1381.65 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 27.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76776.44 Up +0.46% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1698.71 Down -0.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.48 Down -0.31% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +3.34% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 320.72/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.44% | Zinc US$ 2 954.80/T UP -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.36/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 973.83/OZ UP +2.61%