Uit die kloue van geslagsgeweld
'Ek het my menswaardigheid verloor en geen hoop vir die toekoms gehad nie.'
“Naweke het ek met klere en skoene aan geslaap. Ek het nie geweet wanneer ek vir my lewe sou moes vlug nie,” sê Tina (nie haar regte naam nie).
Tina was vir 'n geruime tyd 'n slagoffer van geslagsgeweld. Vandag wil sy haar storie deel en mense aanmoedig om hulp te soek om uit die kloue van 'n gewelddadige verhouding te kom.
Tina het verlief geraak op 'n gevangene. Ná die troue het sy haar huis in Windhoek verlaat en na 'n naburige dorp getrek.
Vyf dae ná hul troue het die mishandeling begin, sê sy. Tina is wreed mishandel, maar sy het gehoop liefde sou die situasie red.
Die mishandeling het egter nie opgehou nie en haar man het haar gedurig verkrag, het sy gesê.
Sy het later genoeg gehad en besluit om te trek.
Tina het gedink dinge sal verbeter as hulle by haar man se ma intrek, maar steeds het niks verander nie.
“Ek moes heeltyd die mishandeling met my twee klein kindertjies deurmaak. Hy het my altyd oor kos geslaan,” het sy gesê.
Selfs haar familie en die kerk het later hul rug op Tina gedraai, vertel sy.
In 2015 het Tina 'n oogoperasie ondergaan. 'n Week ná die operasie het haar man haar op die oog geslaan en sy het haar sig verloor.
“Ek is met besemstokke geslaan. Ek is ook al met 'n mes in die rug gesteek en dit het my stembande aangetas,” het sy gesê.
“Ek kon nie meer nie, en het op 'n dag my twee klein kinders gevat en gevlug.”
Op pad hospitaal toe om haar oog te behandel, het Tina een oggend besluit sy gaan die vroue- en kindermishandeling-afdeling by die Katutura-hospitaal om hulp vra.
Ek het onmiddellik hulp gekry, het sy gesê.
“Toe ek die maatskaplike werker van alles vertel het en gesê het ek soek hulp vir my kinders, is ek dadelik gehelp,” het sy gesê.
“Ek wil aan vroue sê daar ís hulp. Gaan net uit en jy sal hulp kry. Ons is veilig en kan nou rustig slaap snags.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie