Uit 663 weefselmonsters toets 15 positief vir Covid-19
Uit 663 weefselmonsters toets 15 positief vir Covid-19

Uit 663 weefselmonsters toets 15 positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Uit 663 weefselmonsters wat getoets is, was 15 positief vir Covid-19. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, is agt vroue en sewe mans. Die ouderdomme wissel van 14 jaar oud tot 62 jaar oud. Die 15 nuwe gevalle sluit sewe in Windhoek, twee elk in onderskeidelik Swakopmund, Usakos en Rehoboth en een elk in onderskeidelik Gobabis en Okahandja.

Volgens Muinjangue het nog 34 mense herstel wat die totaal op 10 813 vir die land te staan bring. Dit sluit 24 in Khomas, sewe in Hardap, twee in Ohangwena en een in Omusati in.

Uit die 1 729 aktiewe gevalle is drie baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige geval in Erongo en een baie ernstige en een kritieke geval in Khomas in. Die Covid-19-verwante sterftesyfer bly op 133, tot op hede is 122 924 weefselmonsters getoets, tans word 7 521 kontakte gemonitor en 816 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer