Uit  501 weefselmonsters toets 24 positief vir Covid-19
Uit 501 weefselmonsters toets 24 positief vir Covid-19

Uit 501 weefselmonsters toets 24 positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Uit 501 weefselmonsters wat getoets is, was 24 positief vir Covid-19. Uit die 24 nuwe gevalle is 16 mans en 8 vroue. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 61 jaar oud.

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is 14 gevalle in Oshakati, vier in Windhoek, twee in Rehoboth en een elk in onderskeidelik Swakopmund, Keetmanshoop, Rundu en Engela aangeteken. In Windhoek is drie uit die vier gevalle gesondheidswerkers.

Volgens Nangombe het nog 163 mense herstel wat die totaal op 11 201 te staan bring. Dit sluit 147 in Oshana, 12 in Khomas, twee in Omusati en een elk in onderskeidelik //Kharas en Omaheke in.

Uit die 1 678 aktiewe gevalle is vyf baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige en drie kritieke gevalle in Khomas en een baie ernstige geval in Oshana in.

Tot op hede is 128 802 weefselmonsters getoets, 7 140 kontakte word gemonitor en 530 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land. Die Covid-19-verwante sterftesyfer bly op 133.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer