Ugab kan Skedelkuspark afsny
Des Erasmus
Die gewilde Terracebaai in die Skedelkuspark kan selfs dié naweek al strandlangs van die sentrale kus se dorpe afgesny word deur vloedwater in die Ugabrivier.
Toerleiers van Swakopmund is Dinsdag laat weet dat die rivier by die Ugabhek na die Skedelkuspark waarskynlik nog tot môre padlangs oorgesteek kan word.
Die vloed word gemonitor sodat toergeselskappe vroegtydig in kennis gestel kan word.
Terracebaai is een van Namibia Wildlife Resorts se gewildste oorde met veral hengelaars van buite die landsgrense en van oorsee wat daar kom ingooi.
Van die kus verleen die drif by die Ugabrivier ook deurgang aan toergeselskappe wat deur die Skedelkuspark en dan oor Khorixas na die toeristeparadyse van Damaraland en Khorixas op pad is.
Dié gerusstelling tot die naweek het gekom ná berigte dat die Ugabrivier van Outjo in die rigting van Kalkfeld 'n groot vloed dra.
Die Ugabrivier was wel verlede week die eerste binnelandse stroom wat die see bereik het, maar die stroom was nie baie sterk nie.
Damaraland en Kaokoland kan wel deur roetes oor Omaruru en Khorixas bereik word.
Intussen word op Hentiesbaai steeds gewag op die vloedwater in die Omarururivier om die Omdeldam as waterskuur van die sentrale kus te bereik.
Rivierkykers het vroeër dié week tot by 'n punt sowat 15 km bokant die Omdeldam gery, waar die voorpunt van die water modderplasse geskep het, maar toe afgeloop het.
Maandag is berigte van 'n sterk stroom in die Omarururivier by Nai-Nais, Uis se waterbron, waargeneem.
Met die bedding van die Omarururivier wat nat is, sal die water waarskynlik teen vandag deurbreek Omdel toe.
Dinsdag het water van die Kuisebrivier nog nie die deltagebied by Rooibank oos van Walvisbaai bereik nie.
In die deltagebied vorm die Kuiseb verskeie strome en beweeg baie stadig verder in die rigting van die see.
Water in die Swakoprivier was gister ook nog taamlik ver van die see af.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie