U-draai kos man sy lewe
'n Ongeluk op die C34-hoofpad tussen Swakopmund en Kaap Kruis het 'n 49-jarige man se lewe geëis.
Die bestuurder van 'n staatsvoertuig is gisteroggend noodlottig beseer toe 'n vragmotor 'n onwettige U-draai probeer maak het.
Die ongeluk het om 07:12 op die C34-hoofpad tussen Swakopmund en Kaap Kruis aan die buitewyke van Hentiesbaai plaasgevind.
Die lorriedrywer, 'n 23-jarige Zimbabwiese burger, was glo vanaf Walvisbaai na Zimbabwe op pad, maar het hom met die paaie misgis en het in die rigting van Hentiesbaai gery.
Net buite Hentiesbaai het hy na bewering – terwyl hy bestuur het – 'n oproep ontvang dat hy op die verkeerde pad is en terug Swakopmund toe moet draai.
Hy was besig om 'n U-draai te maak toe hy die bakkie vanaf Swakopmund se rigting sien aankom het. Hy kon niks doen om die ongeluk te vermy nie.
Mnr. Festus Jason Amukuaya (49), die bestuurder van die bakkie, was alleen in die voertuig en is op slag dood toe hy onder die vragmotor se sleepwa deur gery het. Die voertuig het aan die ministerie van sport, jeug en nasionale diens behoort.
Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie. Hy is in hegtenis geneem op klagte van manslag en roekelose en nalatige bestuur.
FOTO
Die bestuurder van die bakkie is op die toneel dood. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie