Tydens geboorte val baba op haar kop, sterf

Ma eis halfmiljoen ná ontstellende klagte

17 September 2020 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – ’n Vrou wie se pasgebore dogtertjie dood is nadat sy tydens die bevalling op haar kop geval het, dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir meer as ’n halfmiljoen Namibiese dollar.

Me. Peelina Shiwovanhu Nghikumwa eis N$565 000 vir die dood van haar pasgebore dogtertjie Ashishe-Oshetu op 20 Oktober 2017 in die Engela-staatshospitaal.

Volgens Nghikumwa het sy toe sy agt maande swanger “en in goeie gesondheid was”, in die woonkwartiere vir swanger vroue naby dié hospitaal gaan woon, omdat die nedersetting waar sy woon verafgeleë is. Tydens haar verblyf het sy drie voorgeboorte-ondersoeke gehad en is sy nooit ingelig dat enigiets met haar of haar ongebore baba fout was nie.

Sy het op 20 Oktober gevoel “my tyd het gekom”, sê Nghikumwa. Sy is na die kraamafdeling waar ’n verpleegster haar ondersoek het en gesê het sy is naby aan kraam. Nghikumwa is na die voorbereidingskamer geneem waar sy sterk kontraksies ervaar het.
Sy het omstreeks 13:00 na die verpleegster gestap wat haar vroeër gehelp het. Die verpleegster het haar na ’n kamer in die kraamsaal geneem en aan haar gesê om op haar sy op ’n bed te lê en ’n verpleegster te roep as die kontraksies vererger. Die verpleegster het haar om 15:00 weer ondersoek en weer om 18:00. Sy het Nghikumwa opdrag gegee om steeds op haar sy te bly lê en haar te roep as sy die baba voel.

Nghikumwa sê omstreeks 19:00 het haar water gebreek en sy het die verpleegster geroep. Volgens haar het die betrokke verpleegster glo aan haar gesê “dit is nog nie tyd nie” en dat sy (Nghikumwa) net bang is om te kraam. Nghikumwa sê in haar verklaring water wat met bloed gemeng was, het uit haar gevloei.

Sy is omtrent 21:40 deur nog ’n verpleegster opdrag gegee om op te staan en rond te loop om die kontraksies te versnel. Nghikumwa het glo aan haar gesê sy gaan enige oomblik geboorte skenk en haar bene lam was. Sy het weer op die bed gaan lê, maar is weer opdrag gegee om op te staan en rond te loop. Sy het op ’n bank naby die geboortekamer gaan sit en het volgens haar “erge kontraksies” ervaar.
Nghikumwa sê in haar verklaring sy het ’n verpleegster gevra om haar te help, maar dié was glo op haar selfoon besig. Sy het stadig na die geboortekamer begin loop en weer vir hulp gevra.

“Ek het tree vir tree probeer loop en net toe ek haar weer roep en voor ek weer by die bed kon kom, het die baba kop eerste op die vloer geval en die naelstring gebreek,” lui die verklaring.

Volgens haar het ’n redelike tyd verloop voordat iemand haar te hulp gesnel het. Een van drie verpleegsters het die baba opgetel, terwyl nog een ’n skoonmaker gaan roep het om die bloed op te vee. Nghikumwa beweer ’n verpleegster het haar op die bed gehelp. Sy is later na ’n ander kamer geneem waar sy op ’n bed gaan lê het. ’n Verpleegster het vir haar gesê haar baba is dood.
Die volgende oggend het die polisie ’n verklaring by haar afgeneem. Haar babadogtertjie is na Oshakati vir ’n lykskouing geneem.
’n Matrone en ’n dokter het later in die teenwoordigheid van die polisie gesê haar baba het tydens die val ’n kopbesering opgedoen wat haar dood veroorsaak het.
[email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

6 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

6 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

6 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

6 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

6 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

6 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

6 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...