Tydelike onderwysers Desember laas betaal
Tydelike onderwysers Desember laas betaal

Tydelike onderwysers Desember laas betaal

Belangrike dokumente wat laat ingedien is, word as verskoning gebruik waarom sekere onderwysers vanjaar nog nie 'n salaris ontvang het nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Tydelike onderwysers by twee laerskole in Windhoek sê hulle het sedert Desember verlede jaar nog nie weer ’n salaris ontvang nie.

Republikein is bewus van 25 onderwysers wat geraak word, maar ’n bron in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur beweer dit kan veel meer en ook landswyd wees.

By een laerskool is van dié onderwysers reeds vir ’n geruime tyd deel van die ministerie se indiensopleidingsprogram (Inset) by die Universiteit van Namibië (Unam).

Volgens ’n bron is ’n aanvanklike belofte gemaak dat betalings op 9 Februarie gemaak sou word, maar dit is weer na 20 Februarie verskuif.

Dié dag het ook gekom en gegaan met ’n nuwe betaaldatum wat nou op 9 Maart staan.

“Hierdie onderwysers staan elke dag voor ’n klas van 40 tot 45 kinders, maar het nie geld vir kos in hul huise nie. Debietorders by banke kan nie afgaan nie en skoolgelde kan nie betaal word nie,” sê die bron.

Tydelike onderwysers word volgens die bron op ’n jaar tot jaar-basis aangestel.

“Verlede jaar is gesê ’n betrokke tydelike onderwyser hoef nie weer aansoek te doen nie, omdat dié persoon nou permanent en met mediese voordele aangestel is.”

Volgens die bron het van dié onderwysers grade en tot 15 jaar se ervaring.

“Hulle het onderwyservaring, maar moet nou bedel vir geld.”

Die bron sê voorts die tydelike onderwysers is aan die begin van die jaar gewaarsku hulle gaan nie “geld voor later in die jaar” kry nie, en is ook glo beveel om die stilswye hieroor te bewaar.

“Die opdrag was: ‘Julle moet bly wees julle het poste. Die prys wat julle hiervoor moet betaal, is dat julle moet wag.’”

’n Ander bron het bevestig by nog ’n laerskool in die hoofstad word tot 18 tydelike onderwysers geraak.

“Dié mense het beweeg van ’n volle salaris tot niks geld nie. Van hulle het nie eers geld vir ’n taxi nie en daag nie eers by die skool op nie, want hoe moet hulle hier kom?” het die bron gevra.

Navrae by die ministerie se afdelings vir hulpbronnebestuur en finansies het betalingsdatums van 9 Februarie tot 9 Maart gegee.

“Hoe moet ’n mens dit glo? Die land is onbewus van die omstandighede waaronder onderwysers in die land moet klasgee. Dis ’n baie groter probleem as wat ons besef en kom daarop neer dat die regering nie geld het nie,” het die bron gesê.

Intussen het Khomas se streekdirekteur vir onderwys gesê alle onderwysers wat hul korrekte bankbesonderhede via hul onderskeie skoolhoofde tot en met die sluit van skole in Desember 2017 gestuur het, is op 29 Desember verlede jaar en 24 Januarie vanjaar onderskeidelik betaal.

Volgens mnr. Gerard Vries sluit tydelike onderwysers dié in wat op siek- of kraamverlof is, sowel as onderwysers wat deur middel van ’n korttermynkontrak aangestel is.

Vries sê voorts tydelike onderwysers wat nie in Februarie betaal is nie, was verplig om al die nodige dokumente voor of op 5 Februarie by die afdelings vir menslike hulpbronne en finansies in te dien.

Volgens hom hou die wanbetaling verband met die laat of nie-indiening of indiening van belangrike dokumente vir die verwerking van betalings voor of op 5 Februarie 2018 wat op 9 Maart 2018 betaal moet word vir die aanvullende betalingstydperk op 20 Maart 2018 vir die normale betaling van personeel.

“Die wanbetaling hou nie verband met die vrystelling van die begroting vir die 2018-’19 finansiële jaar nie. Bestaande betalings is deel van die 2017-’18 finansiële jaar,” het Vries gesê.

Vries wou hom nie uitlaat oor beweerde wanbetaling van tydelike onderwysers in ander streke van die land nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026