Tyd vir Halloween
Dit moet seker die mees gevreesde tyd van die jaar wees in Namibië. Die grootmense het almal op hol met praatjies van Satanisme en voorspel ongelukke op die paaie waarvoor gebid moet word. Met die bid het ek geen probleem nie, maar dis reeds hierdie bygelowe wat maak dat mense paniekerig word op die pad en só word ongelukke veroorsaak, nie deur hierdie fees van sogenaamde demoniese geeste nie.
Ja, daar is ’n moontlikheid dat dit die waarheid kan wees, maar ook moet ons dit die voordeel van die twyfel gee. Volgens die grootmense mag daar geen sprake wees van Halloween-partytjies nie en jy mag nie gesien word in ’n kostuum nie, want “dit kom reg uit die put van die hel”.
Spaar my asseblief die preke net omdat ek vir een aand soos ’n zombie wil aantrek.
Dit beteken nié ek aanbid die duiwel nie.
Inteendeel, ek het genoeg geloof in die Here, daarom trek ek dit aan.
Is dit nodig om jongmense se koppe met vrees te vul?
Ek sê nie grootmense is verkeerd wanneer hulle raad uitdeel nie, want hulle is meeste van die tyd reg. Al wat ek sê, is daar is ruimte om van hulle te verskil.
Noem my rebels en noem my selfs minagtend, maar daar is sekere dinge wat jy nie sal leer as jy dit nie self ervaar nie. So, gun my die kans om te eksperimenteer en my kop te stamp as dit dan nou moet, maar moenie probeer om my bang te praat nie, want dit stook die vuur net meer.
Ons het al die flieks gesien waar dinge net skeefloop op Halloween en dan word ’n kind ontvoer of ’n vampier wil wraak neem. Dit is wat ’n mens fiksie noem, en so te sê alles op televisie is fiksie. Ons almal wil akteurs wees, so laat dit een aand ’n jaar gebeur.
Harley Quinn- en The Joker-uitrustings, ’n sexy vampier, weerwolf, spook of Victoria’s Secret Angels, nes die Kardashians, is nie te versmaai nie. Daar is soveel kostuums om van te kies en dit hoef nie uit die hel afkomstig te wees nie.
Kreatiwiteit is die sleutel tot pret, nie vrees nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie