Twis tussen NWR-raad en Hengari
Twis tussen NWR-raad en Hengari

Twis tussen NWR-raad en Hengari

Die besturende direkteur se onbepaalde skorsing is voor die begin van die jaarvergadering geïmplementeer.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Ná Namibia Wildlife Resorts (NWR) se besturende direkteur, me. Zelna Hengari, se skorsing Dinsdag het dié groep se raad mnr. Matthias Ngwangwama as waarnemende besturende direkteur aangewys.

In ‘n kort verklaring het die raadsvoorsitter, mnr. Leonard Iipumbu, Hengari se skorsing met volle betaling hangende ’n dissiplinêre ondersoek bevestig.

Volgens Iipumbu wil die raad die aard van die ondersoek in die stadium nie bekend maak nie.

Hengari se skorsing word wyd voor die deur van ‘n openbare-private vennootskap gelê, wat sy met Sun Karros aangegaan het.

Haar onbepaalde skorsing is voor die begin van die jaarlikse algemene vergadering geïmplementeer, waar sy ‘n bedryfswins gebaseer op inkomste sonder rente, belasting, waardevermindering en die delging van skuld van byna N$30 miljoen vir 2018 vir die NWR bekend sou maak.

Dié bedrag is N$10 miljoen meer as die bedryfswins van byna N$20 miljoen vir 2017.

Aantekeninge van ‘n vergadering wat in April gehou is en deur die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, en verskeie adjunkte bygewoon is, dui op die reuseverbrokkeling van die werksverhouding tussen Hengari en die raad.

Jooste is tydens dié vergadering ingelig daar is “geen vertroue” tussen die NWR se besturende direkteur en haar raad nie en die werksverhouding tussen haar en die raad “bestaan nie”.

Die minister is ook ingelig oor vrese dat Hengari met ’n ondersoek sou inmeng indien sy nie aangekla word nie.

Resolusies van die vergadering toon die ministerie het Hengari se skorsing op twee voorwaardes ondersteun: dat onderhandel word oor die vroeë beëindiging van haar kontrak wat in Julie sou verstryk en dat ‘n dissiplinêre proses van stapel gestuur word.

Die vergadering het ook aanbeveel die NWR win “behoorlike regsadvies” in.

Hengari se skorsing volg op Sun Karros Lifestyle Safaris se dringende aansoek voor die hoërhof in Maart ná die NWR ‘n gesamentlike ondernemingsooreenkoms (JV) tussen die twee maatskappye skielik beëindig het.

Volgens hofstukke het Sun Karros meer as N$43,4 miljoen aan die bou van ‘n luukse kampoord by Sesriem bestee.

Dié oord is een van vyf waarvan die bouwerk volgens die JV op 11 Junie 2018 sou begin.

Die geriewe moet op 1 Julie vanjaar open.

Tot dusver het Sun Karros 20 “luukse tente, ‘n restaurant, ‘n klein swembad en 10 kampterreine by Sesriem ontwikkel”.

Die NWR-raad hou Hengari vir die kansellering van die ooreenkoms verantwoordelik en beweer die ooreenkoms is goedgekeur sonder die kennis en magtiging van die NWR-raad en die minister van die omgewing en toerisme.

Die gesamentlike onderneming is gered ná vergaderings tussen die NWR-raad en Sun Karros, en met regstappe gedreig is.

In die kennisgewing van haar skorsing is Hengari ingelig die ondersoek teen haar spruit voort uit bewerings van “ongerymdhede en wangedrag” wat met die Sun Karros-vennootskap verband hou, en bewerings dat die gesamentlike onderneming nie met die bepalings van die wet op staatsopenbare ondernemings strook nie.

Dokumente toon ook die partye het ná ‘n ontmoeting tussen die NWR-raad en Sun Karros op 5 April ooreengekom om ‘n vriendskaplike oplossing vir die kwessie te vind.

Die betrokke partye sou vrystelling van die minister van finansies van sekere kwessies met betrekking tot die openbare-private ooreenkoms versoek.

Die partye het ingestem om ‘n tydelike ooreenkoms aan te gaan, terwyl hulle oor die terme van die hoofooreenkoms onderhandel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026