Tweestryd oor Basterkapteinskap

Die kapteinsraad wil ’n verkiesing vir ’n nuwe kaptein hou terwyl die nuwe Rehoboth Burgher Volksraad reeds hul eie kaptein verkies het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) sal hierdie Kersseisoen soos skape sonder ’n herder moet deurbring.

Dit, nadat die dood van die voorlopige kaptein, mnr. Barney Buys, aan ’n hartaanval op 27 November, dié leemte weer eens beklemtoon het.

Buys het die tradisionele Basterleierskap posisie bekleë wat op 5 Oktober eenparig aanvaar is ná die dood van die vorige Baster-kaptein, mnr. John Ncnab.

Volgens die voorsitter van die kapteinsraad, pastoor Leonard (Lennie) Pienaar, wend hulle hulle tot die Vaderlike Wette van 1872, en steun hulle op die leiding van kapteinsraadslid, mnr. Cyril Pienaar, wat sedert 2019 op die raad dien.

Hy moet nou die leiding neem om ’n nuwe kaptein te verkies. Volgens die pastoor moet alle registreerde en betaalde burgers aan ’n verkiesing deelneem, en hy doen ’n beroep om Rehoboth-burgers om te registreer.

Registrasie en uitstaande lidmaatskapfooie word teen N$200 per jaar vanaf 2017 bereken, sê Pienaar, terwyl die Vaderlike Wette eis alle lede moet hul pligte nakom, insluitend om die wette en die kapteinsraad te eerbiedig, sê hy.

“Jy diskwalifiseer jouself deur die Vaderlike Wette of die kapteinsraad te minag,” sê Pienaar.

Volgens hom sal ’n volksvergadering by die Hermanus van Wyk-gedenksaal op 24 Januarie volgende jaar meer inligting verskaf, en die verkiesing sal ook amptelik aangekondig word.

“Alle burgers is genooi – geregistreerd of ongeregistreerd,” sê hy.

Van Rehoboth se Basters het egter reeds hul eie Rehoboth Burgher Volksraad gestig en hul eie kaptein verkies.

Onder leiding van hul speaker, mnr. Nico Bok, mnr. David Isaacs en die voormalige tesourier van die kapteinsraad, mnr. Victor Mouton, is ’n referendum van sowat 100 deelnemers in die sosiale media gehou, en die volksraad is by ’n vrywillige gemeenskapsvergadering op 18 Oktober verkies.

Bok sê daar was net een kandidaat vir die kapteinskap van hierdie nuwe volksraad, mnr. Martin Dentlinger, wat voorheen McNab se verkose plaasvervanger was.

Hy is na ’n omstrede uitlating op sy eie Facebook-blad van die kapteinsraad vervreem.

Volgens Bok is die volksraad ’n private Christelike vereniging van vrywillige mense en nie ’n etniese organisasie nie.

Die volksraad steun ook op die Vaderlike Wette van 1972 en het hulle daarvolgens op 1 November vir Dentlinger as kaptein verkies, sê hy. Hulle het ook alle wette en ooreenkomste sedert 1872 verwerp en herroep, en eis die soewereiniteit van die Bastervolk en die nalatenskap van die oorspronklike Bastergemeente, volgens Bok.

Lidmaatskap aan hierdie volksraad beloop N$4 per jaar vir elk van die 30 jaar sedert Namibiese onafhanklikwording, of dan N$200, alhoewel dit volgende jaar sal verander.

“Die kaptein en die kapteinsraad het nie meer dieselfde mag nie, nou is daar die volksraad met die gesag om die gemeente te roep om die kaptein of sy raad te herroep. Die mag is terug in die mense se hande,” sê hy.

Die pastoor sê die kapteinsraad het alle bande met Dentlinger verbreek.

“Hy het die Vaderlike Wette oortree, die kaptein en die kapteinsraad beledig en weggestap. Ek onthou ons het ’n afspraak met hom en die kaptein gehad, ek was die tussenganger, maar toe is hy Suid Afrika toe. Hy het op Facebook bedank,” sê hy.

“Ons gaan nie in binnegevegte betrokke raad nie. Ons gaan net voort met wat ons moet doen. Laat hulle sê wat hulle wil,” sê Pienaar oor die volksraad se leierskap. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%