Tweejarige bebloed in bosse nu00e1 verkragting
Tweejarige bebloed in bosse nu00e1 verkragting

Tweejarige bebloed in bosse ná verkragting

Denver Kisting
Denver Kisting - Toe die polisie en familie­lede gisteroggend op die erg beseerde dogtertjie (2) buite Outjo afkom, het sy ver­skriklik gebloei.

Die vorige dag het haar vermeende verkragter, 'n 20-jarige familielid, glo gesê die bloed op sy lyf was weens hoenderslag.

Nou word hy daarvan verdink dat hy haar ontvoer, in die bosse gewelddadig verkrag en toe net daar gelos het.

Sy het die nag alleen in die bosse deurgebring voordat sy gevind is.

Die minister van geslags­gelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, was gister geskok oor die wrede verkragting van die meisietjie – na bewering deur 'n nabye familielid.

Die meisie is gister omstreeks 07:00 in die bosse buite Outjo gevind waar sy weens haar beserings nie kon beweeg nie.

Sy is na die staatshospitaal op Outjo gehaas en is na verneem word gister na Windhoek vervoer vir verdere behandeling.

Sy is vroeg die vorige dag saam met twee ander kleuters, een ook twee en een vier jaar oud, van hul ouerhuis in die Soweto-­nedersetting in dié dorpie weggelei – glo deur die verdagte onder die voorwendsel om vir hulle lekkers te koop.

Die ander twee kinders het later ongedeerd teruggekeer huis toe.

Toe daar Dinsdag omstreeks 12:00 nog geen teken van dié meisietjie was nie, het haar familie hulle tot die polisie gewend.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het gister gesê 'n mediese ondersoek het bevestig die dogtertjie is wel seksueel aangerand.

Volgens Shikwambi sal die verdagte binnekort in die landdroshof op Outjo verskyn.

Sioka het gister by navraag gesê kinders is nêrens meer veilig nie. “Dit is baie sleg. Ek is teleurgesteld om dit te hoor.”

Sy het 'n beroep op ouers gedoen om beter na hul kinders om te sien. “Namibiërs moet hul kinders vir die regering gee as hulle moeg is vir hulle.”

Mense soos die verdagte “is mense wat ons vertrou met ons kinders. Nou kan ons niemand meer vertrou nie,” het sy uitgevaar.

Sioka sê die land het wette om af te reken met geweldenaars wat jag maak “op kinders; onskuldige mense wat geen krag het nie”.

Sy het terselfdertyd verwys na wyle Avihe Cheryl Ujaha, die negejarige meisietjie wie se opgekapte lyk bykans twee maande gelede in 'n rivier­loop in Windhoek ontdek is.

Haar moordenaar(s) is steeds op vrye voet. “Dit is net haar (Avihe se) bure wat ons kan help (met inligting oor haar verdwyning en moord),” het Sioka gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!