Tweede skietvoorval in Bwabwata betreur

Die ministerie beskryf die onlangse voorval waartydens op twee Duitse toeriste in 'n nasionale park in die Noordooste geskiet is, ook as ongelukkig.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Dringende vergadering tussen ­die ministerie van die ­omgewing en toerisme en sekuriteitsmagte is reeds verlede Maandag in die Bwabwata Nasionale Park gehou om te voorkom dat nóg 'n skietvoorval plaasvind.

Dít volg ná 'n tweede ­skietvoorval in die park binne 'n jaar toe lede van die teenstropingseenheid op 26 Februarie op twee Duitse toeriste, mnre. Rüdiger en Oliver von Knebel Doeberitz se gehuurde­voertuig geskiet het.

Byna 'n jaar gelede, op 15 Maart 2017, was Alexia Keil, toe drie jaar oud, die slagoffer van 'n traumatiese voorval in die park toe sy in die kop geskiet is. Die koeëlpunt moes later tydens 'n operasie in Windhoek se Medi­Clinic uit haar kop verwyder word. Haar pa, mnr. Harald Keil, sy vrou Teresa, en hul twee dogtertjies het die ­nagmerriedag in Bwabwata ­meegemaak.

“Dit is ongelukkig dat hierdie voorval gebeur het en ons wil nie nog ­voorvalle van hierdie aard in ons nasionale parke of enige plek in ons land sien en ervaar nie,” het die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, gister in 'n mediaverklaring gesê.

Hy sê opvolgkonsultasies sal môre tussen belanghebbendes in wild­beskerming en wetstoepassers plaasvind.

'n Volgende vergadering sal op 16 Maart deur die direkteur van wild­lewe en nasionale parke, mnr. Colgar Sikopo, gelei word vir die onmiddellike implementering van ­maatreëls wat ingestel moet word om te voorkom dat soortgelyke voorvalle plaasvind.

“Ons nasionale parke en veral ­Bwabwata Nasionale Park bly baie veilig vir toeriste om te besoek en ons besoekers moet die groot hoeveel­heid skaars diere en voëlspesies daar geniet,” het Muyunda gesê.

“Wildmisdaad kom al hoe meer dikwels voor en het 'n punt van hernude geweld bereik. Goed ­georganiseerde bendes betree kwesbare gebiede en misdaad­sindikate ­organiseer die smokkel van renoster­horings en ­olifanttande deur in­gewikkelde netwerke na ­buitelandse markte,” maan Muyunda.

Hy sê om die huidige ­sindikate van wildmisdaad onder beheer te bring en wildstropery te stop, moes die regering deur die ministerie die teenwoordigheid van die teenstropings­eenheid in sekere dele van ­nasionale parke verhoog.

Dit sluit lede van die Namibiese polisie en weermag in wat saam met die beamptes van die ministerie in Bwabwata werk.

Ondersoek

Muyunda sê die ministerie het dadelik ná die onlangse skietvoorval 'n ­ondersoek van stapel gestuur.

“Die twee toeriste het in 'n dubbel­kajuitbakkie sonder die nodige toegangs­permitte in die Buffalo-­gebied van Bwabwata gery. Hulle is deur die teenstropingseenheid genader wat hulle gevra het om te stop om hul ­voertuig te deursoek.”

Volgens die woordvoerder was die toeriste op 'n pad wat slegs vir wild­bestuurdoeleindes gebruik word en nie vir toeriste se gebruik bedoel is nie.

“Die toeriste het nie gestop nie, want hulle het gedink die mense wil hulle beroof. Die twee beamptes was in hul amp­telike T-hemde en ­uniformbroeke geklee, sê Muyunda.

Hy sê die toeriste het aangery en waarskuwingskote is in die lug geskiet, maar die toeriste het steeds aangery.

“Toe die voertuig nie stop nie, is een skoot na die bakkie se kappie geskiet wat die kappie se agtervenster getref het. Skade is aan die agtervenster aangerig en daar is 'n duik aan die buitekant van die voertuig se dak.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026