Tweede rysoes vir Noorde-vroue
Deur middel van die Shighuru Vroue-rysprojek is 50 sakke rys in ’n tweede kultiveringsproeflopie by die Shighuru-nedersetting geoes.
Elke sak weeg 25 kg.
Die projek word deur 40 vroue van die nedersetting bestuur en is sowat 70 km oos van Rundu geleë waar dit in samewerking met die Universiteit van Namibië van stapel gestuur is.
Tydens die oorhandiging van die rys aan deelnemers, het Unam se adjunkvisiekanselier, prof. Osmund Mwandemele, gesê meer rys kan vervaardig word om die kwessie van voedselsekuriteit te takel en om tot armoedeverligting by te dra.
“Ons glo die projek kan met die regering se betrokkenheid volhoubaar wees. Unam sal aanhou om kennis en vaardighede te deel en om die gemeenskap te help om meer selfonderhoudend te wees. Die regering moet egter die leiding neem,” het hy gesê.
Mwandemele het ook ’n beroep op die streekowerheid gedoen om te kyk hoe dit tot die projek kan bydra.
Die rysprojek kan ’n pronkstuk word wat as voorbeeld vir ander nedersettings langs die Kavangorivier kan dien, het hy gesê.
Volgens Mwandemele kan hulle gebruik maak van die reuse- waterreservoir wat by verby hulle vloei.
Die projek is in 2013 deur Unam se visiekanselier, prof. Lazarus Hangula, geïnisieer en het in April vanjaar sy eerste oes van sewe sakke van 25 kg elk opgelewer.
Op sy beurt het die goewerneur van die Kavango-Oosstreek, dr. Samuel Mbambo, gesê hoewel Unam bevind het die kweek van rys is lewensvatbaar, is dit nie hul mandaat nie. “Die mandaat om kos vir die massas te vervaardig, berus by die ministerie van landbou, water en bosbou.
“Maar kom ons werk as ’n nasie saam om kos te vervaardig wat ons almal saam kan geniet,” het hy gesê. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie