Tweede rondte begin op George
Rugby
Die Namibië se Windhoek Draught Welwitschias sal vandag so sterk as moontlik wil begin in hul aanslag op die eerste liga van die Curriebeker wil maak wanneer hulle op George teen die SWD Arende uitdraf.
Die afskoptyd is om 16:00 Namibiese tyd.
Die stut AJ de Klerk lei vir die eerste keer die span op die veld wat ná die internasionale vensterperiode ietwat meer ervare lyk as wat in die laaste klompie weke die geval was.
Volgens afrigter John Williams is die keuse van ’n nuwe kaptein daarop gerig om die leierskoprs in die nasionale opset te vergroot. Die 24-jarige De Klerk is reeds die vyfde kaptein wat hierdie seisoen in die reeks gebruik word.
In die Curriebeker eerste liga – in wese die onderste ses – lê latere wedstryde teen die Griffons (weg), die Valke (tuis), die Grens Bulldogs en die Luiperds ook nog voor.
Die Welwitschias het vroeg gisteroggend na hul afspraak in die Suid-Kaap vertrek.
Die tuisunie se span was teen druktyd nog nie bekend nie, maar die feit dat hulle die vroeër wedstryd in Windhoek met 96-5 oordonder het, sê alles oor die taak wat opnuut op die Namibiërs wag.
Die Windhoek Draught Welwitschias: 15 Chrysander Botha, 14 Philip Nashikaku, 13 Heinrich Smith, 12 Darryl de la Harpe, 11 Gino Wilson, 10 Eugene Jantjies, 9 Cameron Klassen , 8 Leneve Damens, 7 Morné Blom, 6 Zayne Groenewaldt, 5 Ruan Ludick, 4 Muniovito Kasiringua, 3 A.J. de Klerk (kapt), 2 Gerhard Lötter, 1 Casper Viviers.
Reserwes: Shaun du Preez, Quintin Esterhuizen, Denzil van Wyk, Johann Wohler, Nandivatu Karuuombe, Leslie Klim, Mahco Prinsloo.
• Intussen is Johann Tromp as buitesenter ingesluit in die OP Kings se Curriebeker premierliga-wedstryd vandag teen die Boland Kavaliers.
Tromp sal langs nóg ’n Namibiër speel in die vorm van die regtervleuel Alcino Izaacs, wat ná ’n klompie wedstryde in die Blou Bulle se trui hom ook by die Oos-Kapenaars aangesluit het.
Die afskoptyd in Port Elizabeth se Nelson Mandela Bay-stadion is om 16:00 Namibiese tyd en die wedstryd word regstreeks op SuperSport 1 vertoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie