Tweede ronde lewer geen verrassings nie

Rugby
Tielman van Lill
Tielman van Lill

In die Premierliga van die Namibiese Rugbyunie (NRU) het ses klubs Saterdag koppe gestamp. In Windhoek oorheers Trustco United 1 vir FNB Western Suburbs 1 met 18 - 13, terwyl FNB Unam 1 op Rehoboth vir Reho Falcon 1 met 43 - 0 gestuit het.

By die kus was Kudus 1 met 47 - 17 te sterk vir die besoekende eerstespan van Rehoboth Rugbyklub.

Met net sewe Premierliga-klubs oor in Namibië kon Wanderers ‘n afnaweek geniet, terwyl die ander ses hul beset in die tweede ronde van dié liga moes lewer.

In ‘n klipharde, maar baie gelykop botsing by Suburbs-park in Khomasdal moes United hard werk om ‘n oorwinning te behaal. Heelwat nuwe gesigte is by die Bloues te bespeur en die samespel nog nie wat dit moet wees nie, maar dit het geen afbreuk aan die geesdrif van beide spanne gedoen nie.

Suburbs, wat verlede jaar in die Gold Cup-reeks in Suid-Afrika gaan ondervinding opdoen het, was met rustyd 11-3 agter, maar die voorsprong het eers opgeduik toe die gasheer ‘n blaps in die Bloues se halfgebied begaan het. Riaan van Zyl, nuwe aanwins vir United, wat Saterdag op heelagter diens verrig het, is weggestuur en het langs die linkerkantste kantlyn afgenael om sy span se eerste drie te druk sonder dat daar ‘n hand op hom gelê was.

Na rustyd slaan Suburbs hard terug toe Geno Wilson, sy buitesenter, die verdediging van die besoekers onkant betrap en hy met Riaan van Zyl op sy rug oor die doellyn val om Suburbs se enigste drie te druk en die telling saam met die suksesvolle doelskop van Justin Nel tot 11 – 10 laat krimp.

Keerpunt

Beide spanne lewer puik verdediging en hoewel heelwat strafskoppe afgestaan is, was die wedstryd skoon en aanskoulik. Dit was egter Nandivatu Karuuombe, spoedvraat op linkervleuel vir United, wat die laaste sê gehad het om sy span se tweede vyfpunter agter die doellyn te plant. Winmar Rust, slot en kaptein van United het Saterdag sy skopstewels by die huis vergeet, maar slaag met dié doelskop om die telling 18-10 te maak.

Vir Suburbs plaas Nel ‘n tweede strafskop oor die dwarslat om die eindtelling op 18-15 te bring. In die doodsnikke van die wedstryd behaal Van Zyl so byna ‘n tweede drie toe hy ‘n skoppie vorentoe gee. Sy spoed was egter hopeloos te veel vir die skeidsregter en sy twee assistente om te kan sien of hy die bal voor die doodlyn gedruk het en die drie word nie toegeken nie.

Shaun Kaizemie, hulpafrigter van Suburbs en oudlosskakel van die nasionale Welwitschias-span, het gesê hy is tevrede met die vordering wat sy span gemaak het.

“Ek is baie gelukkig met die wedstryd, want daar was heelwat vordering gemaak sedert ons verlede week teen FNB Unam gespeel het. Ons het baie tegniese foute gemaak. In die tweede helfte was ons vir meer as 30 minute op die aanval in hul halfgebied, maar kon weens foute nie punte aanteken nie. Daar is ‘n klomp nuwe jong ouens in die span, maar ons is gelukkig om die kern van die Gold Cup-span te kon behou.

“Die twee geelkaarte wat ons gekry het, het ons die wedstryd gekos, want ons moes bykans vir 10 minute met net 13 spelers speel. Met die kern van die Gold Cup-span tot ons beskikking moes ons egter die wedstryd gewen het. Op ‘n stadium is ses strafskoppe teen United in hul kwartgebied toegeken, maar geen geelkaarte is gewys nie. Ons is nou onder geweldige druk en ek het vir die ouens gesê hoe ek daaroor voel. Ons sal vandeesweek bitter hard moet werk om die foute aan te spreek. Ek voel egter dat ons beter teen Wanderers gaan vaar wat Saterdag vir ons wag,” het Kaizemi aan Republikein gesê.

Vir United druk Riaan van Zyl en Nadivatu Karuuombe elk ‘n drie, terwyl Winmar Rust ‘n doelskop en twee strafdoele behaal. Suburbs se puntemakers is Gino Wilson met sy drie en Justin Nel wat met twee strafskoppe en een doelskop sukses behaal.

Op Rehoboth

FNB Unam 1, Premierligakampioen van die afgelope drie jaar, het Saterdag op Rehoboth ‘n draai gaan maak om sy kragvertoning teen Reho Falcon 1 voort te sit. Maar so maklik het dit nie gegaan nie. Met halftyd was die besoekers met slegs 14-0 voor. Dit is eers ná die 60ste minuut wat Unam sy wurggreep op die botsing kon kry nadat ‘n handvol spelers van Falcon weens beserings vervang moes word.

Iss Gerald, afrigter van Falcons, het hoop vir sy jong span.

“Die telling is redelik vleiend vir Unam, want in die 60ste minuut was dit steeds 14-0. Nadat ons ‘n klomp spelers weens beserings verloor het, het die gebrek aan diepte na vore getree, wat die totale ritme van die span versteur het. Ek het eers my heelagter verloor, toe my buitesenter, en daarna is die skrum- sowel as die losskakel beseer. Die binnesenter moes later as skrumskakel ingespan word, dus was my verdediging in die middelveld nie na wense nie en Unam kry dit reg om nog ‘n klompie drieë in te ryg.

“Ons het regtig net tussen 15 en 17 kompeterende spelers wat in die Premierliga kan speel. Boonop is hulle tussen 18 en 21 jaar oud. Ek is seker daarvan dat ons met die nodige borge weer ‘n krag in rugby kan word. Ons tweedespan se gemiddelde ouderdom is 18 jaar en dit gee my baie hoop vir die toekoms,” het Gerald aan Republikein vertel.

Vir Unam het Freddy Puriza 2 en Camilo Martin, Chessborough Lawrence, Lorenso Louis, Mahepisa Tjeriko en Rodney Coetzee een elk gaan druk. Lorenso Louis het vier doelskoppe behaal.

Walvisbaai

Op Walvisbaai was Kudus 1 gereed vir die besoekers uit Rehoboth en het beide hul kragmetings gewen. Kudus 1 seëvier met 47 – 17. Vir Rehoboth druk Milando Titus, Paulus Hangula en Delano Coetzee terwyl Howard Titus ‘n doelskop behaal.

Geen inligting is van Kudus ontvang nie.

Reserweliga

Trustco United II 47 – 20 FNB Western Suburbs II. FNB Unam II 48 – 14 Reho Falcon II. Kudus II 32 – 0 Rehoboth Rugbyklub II.

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 30° Rundu: 13° | 31° Eenhana: 15° | 33° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 20° | 33° Wind speed: 17km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 18° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 21° | 32° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 20° | 38° Ariamsvlei: 20° | 33° Oranjemund: 16° | 35° Luanda: 26° | 31° Gaborone: 13° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 9° | 23° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 15° | 27° Cape Town: 14° | 23° Durban: 15° | 27° Johannesburg: 14° | 24° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 14° | 25° Harare: 10° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026