Tweede golf en heropening van skole
Tweede golf en heropening van skole

Tweede golf en heropening van skole

Dani Booysen
Die tweede golf van Covid-19 wat Namibië tans ervaar, sal waarskynlik nie die beplande heropening van skole in Januarie vertraag nie.
Die manier van onderrig mag wel opnuut geraak word volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp.
“Dis maar moeilik, want ons wou so graag weer volstoom weggetrek het,” het Steenkamp aan Francoise Steynberg van Republikein gesê.
Volgens Steenkamp is onderwys tevore uitgesluit by beperkinge op openbare byeenkomste. Die gebruik van dubbele skofte, alternatiewe dae van skoolbywoning vir verskillende leerlinge en tuisonderrig sal volgens die direkteur opsies bly afhangende van hoe die situasie ontwikkel.
“Ons hersien en konsulteer altyd maar oor wat werk en wat nie,” het Steenkamp gesê.
Skole heropen op Woensdag 6 Januarie 2021 vir onderwysers en vir leerlinge op Maandag 11 Januarie 2021.
Onderwys is opnuut ontwrig in ander lande wat ‘n tweede golf ervaar.

Kommentaar

Republikein 2025-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer