Tweede asem vir Houdini
Wat eens as 'n weggooibrakkie sonder huis en naam op ons hoofpaaie gedrentel het, het nou 'n nuwe tuiste, 'n tweede asem en 'n boek.
The Houdini Chronicles vertel die verhaal van 'n groep mense wat saamgespan en gesukkel het om 'n hondjie te probeer vang en sy lewe te verander.
Hier is die storie van Houdini die tweede, vernoem na Harry Houdini, die wêreldbekende kulkunstenaar en waaghals.
Yanna Smith, wat die voorwoord vir die boek geskryf het, sê Houdini se verhaal is een wat haar ewig sal bybly.
“Ek pendel daagliks tussen Windhoek en Okahandja. Op 'n dag hoor ek iets op die radio wat my aandag trek. Op Vrydag 6 Maart 2016, op pad huis toe van Windhoek af, hoor ek op Kosmos 94.1 daar hardloop 'n hond op die pad naby die hoenderplaas NPI rond en motoriste word versoek op versigtig in daai area te ry.”
Net daar het sy besef sy sal tot die hondjie se redding moet kom.
Smith het hom nie daardie dag gewaar nie, maar bly hoop vir die beste. “Ek was bang hy het dalk onder die wiel van 'n motor beland; 'n beeld wat ek nie wou sien nie.”
Die volgende dag het sy wel die skraal, onversorgde hondjie gewaar.
“Ek het hom probeer vang, maar hy was vreeslik sku en baie slim. Soos Harry Houdini. Ek het toe begin kos neersit, maar dan word my bakke gesteel en dan begin ons van vooraf. Ek skat hy het nooit naby daardie bak kos of water gekom nie. Nes Harry Houdini was Houdini nie maklik om te vang nie.”
Die brakkie het al hoe maerder geword en intussen 'n groot wond op sy linkerblad opgedoen.
Smith het geweet sy sal moet hulp kry om die hondjie 'n tweede asem en kans op die lewe te bied. Sy het die Civilian Animal Protection Unit (CAPU) genader.
“Ek het op hul Facebook-blad 'n post geplaas om om hulp te vra.”
Jo Tagg, 'n CAPU-lid, het dieselfde pad gery en die hondjie gesien. “En daar het alles begin.”
Intussen het ses ander CAPU-lede ingespring en gehelp met die vang van die hondjie.
“Ons het in 'n stadium 'n veearts gekry om hom te dart, maar die pogings het ook misluk. Ons het 'n paar keer bymekaargekom en heen en weer oor die pad geloop, maar ons kon hom nie vang nie,” vertel Smith.
Die wagte by NPI se 'off-sales'-winkel het gesê hulle sien hom gereeld. “Maar steeds kon ons hom nie vang nie.”
“Toe reël Jo 'n vanghok van die stadspolisie. Elke oggend en aand het ek na die hok gaan kyk en maalvleis ingesit. Dit was die Donderdagaand, en ek het net geweet vanaand is die aand.”
Smith sê sy spoortjies het al hoe nader aan die hok gekom.
“Ek was af die naweek van 8 April 2016, dus het Jo gery om te gaan kyk. En hy was in. Hy het my onmiddellik gebel en ek het vir Kosmos laat weet. (Die radiostasie het nuusgrepe uitgesaai om hulp te vra). Jo sê toe hy met die vanghok terug Windhoek toe gery het, het die mense getoeter en ligte geflits nadat die greep op die lug was.”
Houdini is na die Pride-veeartsenykliniek toe geneem en behandel. Intussen klim Houdini in Jo se hart en hy besluit om hom aan te neem. “Ek dink so vyf of tien dae daarna is hy huis toe, na Jo toe.”
Jo het The Houdini Chronicles saamgestel en gee dit self uit. Die boek is teen N$130 by veeartse en dierewelsynsorganisasies landswyd te koop. Daarvan dek N$30 die drukkoste en die res word aan dierewelsynsorganisasies en veeartse geskenk.
Vir meer inligting of om The Houdini Chronicles te koop, kontak Jo Tagg by 081 288 2851.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie