Twee WHS-rugbyspanne op toer
Twee WHS-rugbyspanne op toer

Twee WHS-rugbyspanne op toer

Skolerugby
Die o.19- en o.17-rugbyspanne van Samsung Windhoek Hoër­skool vertrek onderskeidelik vandag en môre na Portugal, waar hulle die land se verteenwoordigers by 'n internasionale feestoernooi sal wees.

Die twee WHS-spanne sal opwarmwedstryde teen opponente van Engeland en Portugal speel, voor Saterdag se eerste ernstige aksie.

Die o.19-wedstryde word in helftes van 15 minute elk gespeel, terwyl die o.17's tien minute aan 'n kant speel.

Die toernooi begin môre en duur voort totdat die uitspeelwedstryde vir die finale plekke op Sondag gespeel word.

Die o.19 Koedoebulle is saam met die skoolspanne van CDUL (Portugal), die Melbourne Kangaroos (Australië) en Coventry College (Engeland) gegroepeer.

WHS se eerste span word deur Henry Kemp en Ainsley Daniels afgerig, terwyl die o.17's deur Hendrik Grové en Keanan van Wyk onder hande geneem word.

Die spanbestuurders is Mart-Marie Strauss (o.19's) en James van der Westhuizen (o.17's).

Die twee spankapteins is Erik Strauss by die eerste span en Riaan Grové by die o.17's.

Die WHS-spanne is ondersteun deur borge soos Furntech Agencies (Samsung) met klerasie op en van die veld; XCO (T-hemde), Aluminium Works (hoedjies) en Buildwise (rugsakke).

Die Koedoebulle het verlede jaar derd in die Momentum o.19 Superliga geëindig.

Kommentaar

Republikein 2026-01-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer