Twee verdrink by munisipale rioolaanleg
Leandrea Louw – Twee mense het gister by die waterafdeling van die Walvisbaai-munisipaliteit verdrink.
Volgens mnr. Dennis Basson, die hoof van die Walvisbaaise brandweer, het hulle omstreeks 13:00 ’n oproep van ’n nooddiens ontvang dat iemand in ’n pyp vasgekeer was. “Toe ons op die toneel aankom, het ons twee mense onder die water in een van die pompstasies aangetref. Ongelukkig was dit te laat om die slagoffers by te bring. In hierdie stadium is ons onseker oor wat presies gebeur het, en ons gaan ’n interne ondersoek na die voorval van stapel stuur.”
Basson het gesê die moontlikheid word ondersoek dat die werknemers deur ’n giftige gas oorval is, terwyl hulle aan die pompstasie gewerk het. Dít is egter nog nie bevestig nie.
Een van die oorledenes was ’n munisipale werknemer, terwyl die ander een in diens was van ’n private kontrakteur.
Dié tragedie is die tweede voorval binne twee dae waartydens ’n werknemer by die werk omgekom het.
Die 28-jarige mnr. Israel Hamutenya is Woensdagoggend op ’n sakeperseel deur ’n vragmotor getref.
Luidens ’n polisieverslag was hy besig om sy veiligheidstoerusting uit ’n dreineringstelsel, waarin hy dit geberg het, te haal toe die vragmotor hom getref het.
Hy is op die toneel dood.
Hamutenya was op kontrak by dié onderneming waar hy vir inlegstene verantwoordelik was.
Sy naasbestaandes is oor sy dood ingelig.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie