Twee toetse in November
Rugby
Andrew Poolman – Die November 2021 vensterperiode vir toetsrugby sal 'n onontbeerlike deel wees van afrigter Allister Coetzee se voorbereiding van sy Namibiese rugbyspan wat volgende jaar (Julie, in Frankryk) vir die 2023 Wêreldbeker in Frankryk moet kwalifiseer.
Bevestiging is gister verkry dat Namibië volgende maand twee toetse sal speel tydens 'n vierhoekige toernooi wat op Stellenbosch aangebied sal word.
Op dag een (Saterdag, 13 November) sal Namibië teen Kenia te staan kom, terwyl Brasilië teen Zimbabwe opgeweeg sal word. Op 20 November speel die twee verloorspanne teen mekaar, gevolg deur die finaal tussen die vorige naweek se wenspanne.
Namibië (25ste) is tans die hoogste op die wêreldranglys teenoor Brasilië (26ste), Zimbabwe (34ste) en Kenia (35ste).
Volgens alle verwagtinge sal Namibië in volgende jaar se kwalifiserende toernooi vir Afrika-spanne verby Zimbabwe én Kenia (waarskynlik in die semifinaal en eindstryd, onderskeidelik) moet kom om regstreeks vir die 2023 Wêreldbeker te kwalifiseer.
Die Namibië Rugby-unie (NRU) se uitvoerende hoof, mnr. Theo Grunewald, het gister bevestig dat die groep vir twee weke in die Kaap byeen sal wees.
Allister Coetzee het nog nie naastenby genoeg tyd agter die blad om in dieselfde harmonie as sy voorganger Phil Davies met die nasionale span om te gaan nie. Weens die maandelange aflê tydens Covid is die huidige beste Namibiese kombinasie 'n verdere raaisel. Die November-toer is dus 'n onmisbare periode om die kreukels te help uitstryk.
Die toer val binne die vensterperiode vir toetsrugby en Namibië behoort dus naby aan sy sterkste moontlike groep aanspraakmakers in die veld te stoot – vir die eerste keer sedert die 2019 Wêreldbeker.
“Ons oefengroep in Windhoek is aan die voorberei en die terugvoer is positief van die oorsese beroepspelers na wie ons sover uitgereik het,” sê Grunewald.
“Die toer is in oorleg met Wêreldrugby saamgestel en ons is verheug dat ons hierdie wedstryde bevestig kon kry.”
Tydens die 2019 Wêreldbeker was Namibië 23ste op die wêreldranglys. Sedertdien het Hongkong (22ste) en Nederland (24ste) egter verbygeskuif.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie