Twee sterftes, 44 nuwe gevalle
Twee sterftes, 44 nuwe gevalle

Twee sterftes, 44 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die totale getal Covid-sterftes styg met twee tot 3 969. Gister is 44 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 6,3%. Dit sluit agt leerlinge, twee studente en een gesondheidswerker in. Die aktiewe gevalle staan tans op 8 108 waarvan 110 in die hospitaal en nege in die ICU is. Tot op hede het 421 930 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 359 472 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 93,5%.

Kommentaar

Republikein 2025-06-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer