Twee sterftes, 176 gevalle, 50 gesondheidswerkers ingeënt
Die Covid-19-verwante sterftesyfer staan op 494 ná nog twee sterftes - een elk in onderskeidelik Oshikuku en Eenhana - aangemeld is. Vandag is 176 nuwe gevalle aangemeld waarvan 41 leerlinge, 20 gevangenes en agt gesondheidswerkers is. Tot op hede het 50 gesondheidswerkers - 30 in Khomas en 20 in Erongo - die Sinopharm-entstof ontvang. Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is geen newe-effekte aangemeld nie.
Die aktiewe gevalle staan op 2 645 waarvan 158 in die hospitaal en 26 in die ICU is. Nog 154 mense het herstel wat die totaal op 39 504 te staan bring. Tans word 4 770 kontakte opgevolg en 1 939 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie