twee sterftes, 169 nuwe gevalle, nog 193 mense ingeënt
Twee sterftes - een in Engela en een in Swakopmund - bring die totaal op 504 sedert die aanvang van die pandemie in Namibië. Die afgelope 24 uur is 193 mense ingeënt en wel 185 in Khomas en 8 in Erongo. Dit bring die totaal op 411 sedert die aanvang van die immuniseringsveldtog teen Covid-19. Nuwe gevalle is 169 waarvan 25 leerlinge, 11 onderwysers, vyf gesondheidwerkers en twee studente is.
Die aktiewe gevalle staan op 1 512 waarvan 166 in die hospitaal en 35 in die ICU is. Nog 269 mense het herstel wat die totaal op 41 153 te staan bring. Tans word 4 239 kontakte gemonitor en 1 672 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie